Chrysler-baas tydens rooftog geskiet

Trent Barcroft

Trent Barcroft, die uitvoerede hoof van Chrysler Suid-Afrika, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy en sy vrou in Waterfall Park in Midrand aangeval is.

EWN berig Barcroft en sy vrou, Cathy, albei Amerikaners, was op pad huis toe nadat hulle inkopies gaan doen het toe hulle glo deur ʼn groep verdagtes agtervolg is.

Richard Sloman, Chrysler Suid-Afrika se woordvoerder, sê ʼn voertuig het van agter glo teen die egpaar se voertuig gebots. “Trent het uitgeklim om besonderhede met die ander bestuurder uit te ruil, waarna hy deur ʼn insittende van dié voertuig in die maag geskiet is. Die verdagte het Trent se horlosie, beursie en selfoon gesteel. Cathy is ongedeerd.” Barcroft is in die intensiewesorgeenheid van die Sunninghill-hospitaal. Volgens Sloman is hy stabiel en behoort hy ten volle te herstel. Werksaamhede by die maatskappy sal nie geraak word nie.

Die Amerikaanse ambassade het Dinsdag die voorval bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.