Cirque de Soleil-akrobaat sterf tydens vertoning

Sarah Guyard-Guillot

ʼn Akrobaat van die bekende sirkus, Cirque du Soleil, is Saterdagaand dood nadat sy tydens ʼn vertoning in Las Vegas geval het.

Sarah Guyard-Guillot, ʼn 31-jarige ma wat in Parys, Frankryk, gebore is, het tydens ʼn vertoning van Ka by die MGM Grand sowat 15 meter ver geval. Sy is later die aand in die hospitaal dood verklaar, berig CTV News. Dit is glo die eerste noodlottige ongeluk tydens ʼn lewendige vertoning van Cirque de Soleil se 30-jarige bestaan.

Volgens ʼn ooggetuie is Guyard-Guillot tydens die finale-oorlogstoneel van die vertoning opgehys toe sy uit haar harnas geglip en geval het. Aanvanklik het toeskouers gedink dit is deel van die vertoning, maar ʼn gil en gekreun is kort daarna gehoor. Die gehoor kon ook ʼn vrou van die verhoog af hoor huil. Die vertoning is daarna gekanselleer en daar is aan die gehoor gesê dat hulle hul toegangsgeld kan terugeis. Alle vertonings van Ka is tot verdere kennisgewing gekanselleer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.