Clanwilliam-bankbestuurder brand dood

‘n Helikopter poog om die brand op die Cederberg onder beheer te bring. Foto: JP du Plessis / climbing.co.za

Christo Fourie, ʼn afgetrede FNB-bankbestuurder van Clanwilliam, het doodgebrand in ʼn vuur wat al ʼn week lank in die Cederberg woed.

Fourie se verkoolde liggaam is Donderdag naby sy voertuig in die verbrande veld gevind. Hy was sedert Woensdag vermis en was deel van ʼn groep mense wat die brand bestry het.

Lt.kol. André Traut, ʼn Wes-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, sê hy was vermoedelik in die vlammehel vasgekeer, maar die presiese oorsaak van sy dood word nog ondersoek.

Bertus Senekal, die gebied se brandweerhoof, sê weerlig het die Cederberg-brand begin. Vyf huise en 20 000 hektaar fynbos is verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.