Cleveland-monster se buurman erken 297 aanklagte van moord en verkragting

Elias Acevedo

Elias Acevedo

‘n Buurman van die “Cleveland-monster” het in ruil vir lewenslange gevangenisstraf erken dat hy oor die jare heen verskeie vroue vermoor het, en ander ontvoer en verkrag het.

Elias Acevedo (49) het skuld beken op altesaam 297 aanklagte.

Acevedo sal lewenslange tronkstraf uitdien nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Hy het skuld beken op die moord van twee vroue van Cleveland. Hy het ook erken dat hy sy skoonsussie in 1993 verkrag en sy drie dogters jare lank herhaaldelik verkrag het.

Acevedo is die buurman van Ariel Castro, wat vroeër vasgetrek het na een van die drie vroue wat hy ontvoer en jarelank as seksslaaf aangehou het, ontsnap het (volg skakels na berigte onderaan hierdie berig vir meer inligting). Die onthulling van Castro se wandade het die polisie dieper laat delf na verskeie ander gevalle van vroue wat verdwyn het, of wat verkrag is. Die spoor het na Acevedo se huis gelei.

Acevedo hou egter vol dat hy nie ‘n monster is nie, omdat hy “ontsettende berou” het. Hy het in die hofsaal, waar talle van sy slagoffers teenwoordig was, gesê: “Ek het julle almal lief. God seën julle.”

Hoofbron: Trouw

Lees ook:
Cleveland-ontvoerder dood aangetref
“Jou hel begin nou eers”
Lewenslank plus 1 000 tronkstraf vir Cleveland-ontvoerder
Pleitooreenkoms vir Cleveland-ontvoerder; huis word moontlik gesloop
Video: Cleveland se ontvoerde vroue bedank die publiek
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
Vyf miskrame vir ontvoerde vrou
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Video: Vroue 10 jaar ná ontvoering gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

En om watter rede sit en huil hy in die hof? Is hy dan nie ‘n gevoellose monster nie? Of is dit omdat sy vieslike dade op die lappe gekom het, en nou kan hy dit nie hanteer nie???

Peter Says ·

Justi,” Hang Him High”, kamstige berou en trane help nou niks.

GawieM ·

Is so iets moontlik? Waarom eers na soveel moorde gevang word is ‘n raaisel.

Anton de Beer ·

Die twee bly langs mekaar en work vir soortgelyke misdade aangekeer. Niks is toevallignie. Hierdie ouens het saam gewerk. Het hulle die twee ander buurmanne weerskant al ondersoek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.