Cleveland-ontvoerder dood aangetref

Ariel Castro

Ariel Castro

Ariel Castro, die Cleveland-ontvoerder wat drie vroue vir jare lank in sy huis aangehou en herhaaldelik verkrag het, is dood aangetref.

Die Amerikaanse media berig dat Castro (53) se liggaam laat Dinsdagmiddag in sy sel in die Orient-gevangenis in Ohio gevind is. Hy het homself gehang. Castro is verlede maand lewenslange tronkstraf opgelê sonder die moontlikheid van parool. Hy is ook tot ʼn bykomende 1 000 jaar tronkstraf gevonnis. Castro het skuldig gepleit op 937 aanklagte insluitend moord met verswarende omstandighede, ontvoering, verkragting en aanranding. Michelle Knight, Amanda Berry en Gina DeJesus het op 6 Mei vanjaar uit Castro se huis ontsnap. Berry het Castro se kind gehad in die tyd wat sy in aanhouding was. Knight het vyf miskrame gehad nadat Castro haar uitgehonger en in die maag geslaan het. Een van die vroue is onder andere ook met ‘n stofsuier se koord gewurg toe sy wou ontsnap. Die vroue het tussen 2002 en 2004 verdwyn toe hulle onderskeidelik 14, 16 en 20 jaar oud was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Amy ·

Dis nou ‘n maklike uitweg uit!!! Net jammer hy het nou nie behoorlik betaal vir sy dade nie, maar ten minste sal daai vroue nou ‘kan aangaan met hul lewens’, wetend, daai monster is dood.

Dirk Hall ·

As meer dit maar wil doen! Daar sal beslis ‘n belasting verligting vir die eerlikes kan wees!

Trippie ·

GEEN VERLIES !

Wat ‘n veragtelike stuk drek. Mag elke voornemende vroue-mishandelaar dieselfde roete volg – hang jouself VOOR jy een die gedagte kry om ‘n hand te lig vir ‘n vrou.

Johann ·

Jou opinie sal waardeer word as dit die anderkant van die munstuk is.

Trippie ·

Goeie môre Johann.

Jy weet reeds wat my mening daaroor is. As ‘n vrou bereid is om ‘n klap uit te deel, moet sy een kan vat ook !

Johann, wat in jou lewe verkeerd gegaan het, ek hoop en bid dat jy eendag die vrou sal kan vergewe, en weer geluk en liefde sal vind. Dit mag dalk nie vandag, oor ‘n jaar of watookal gebeur nie. Gee kans dat die wond genees.

Ek bedoel dit uit die diepte van my hart – NEE, EK IS NIE ‘N GEVEINSDE CHRISTEN NIE.

NS: Ek het jou gevolg op jou replieke hier gelewer … ek dink steeds aan die situasie waarin jy jou bevind – NOG STEEDS, BAIE STERKTE VIR JOU. Indien dit jou beter sal laat voel, deel maar gerus nog ‘n paar “klappe” na my kant toe.

JAVR ·

Hier stem ek met jou saam! Kan nie glo dat daar regtig sulke vrouens bestaan nie! Dit is iemand wat GEEN SELFBEELD het nie wat hulle maat na hulle vlak toe wil laat daal! Nee man Johan, sê ek altyd die man wat my slaan moet nie slaap nie want ek gooi kookolie in sy ore en skroei sy flippen brein! Jy kan hulle mos nie tackle as hulle wakker is nie want dan is hulle te sterk.
Laat my dink aan die man wat sy vrou so verniel het tot iemand haar gesê het om hom elke keer as sy hom sien met ‘n pan moet bli.sem. So het sy elke keer as sy verby hom geloop het hom lelik met die pan oor die kop aangerand het dat hy naderhand so bang was vir haar teenwoordigheid. Nodeloos om te sê dit was die einde van sy geboelie!

Willy ·

Johann.

Ons op die forum, ek, is nie ‘n taalkundige nie and if the words just came out wrong, sorry. We don’t mean that. Jammer vir die Engels tussenin, ek is Engelssprekend.
Nog minder is ons sielkundiges of kan enige professionele huweliksberading gee.
So om hier stoom af te blaas oor ‘n emosionele onstabiliteit wat jy miskien mag vind sal jou niks help nie.
Ek waardeer dit dat jy ons attend maak wanneer ons die een party voortrek, en jy mag. Hou dit net in die grenslyne wat aanneemlik is vir al ons forum gebruikers.

JAVR ·

Nee wat maat, braak maar gal as dit help! Dis tog wat ons almal doen en dan voel ons beter! Sê net as ek moet ‘n pan aanstuur Johann…

Trippie ·

Solank ons hier op Maroela mekaar ondersteun, onderskraag, vriendelikheid, en verdraagsaamheid toepas – IS ONS ‘N WENSPAN !

NS: En ons mag ‘n grappie of 6 deel ;)

GO WILLY AND JOHANN ! en JAVR (altyd lekker om jou hier te sien).

♥ LIEF ♥ MOS MY MENSE BAIE !

Willy ·

Dis lekker en ek lief ons span!

Baie alt, weet nie wat, vir baie hartjies.

JAVR ·

Trippie, Willy ag en tot die bleddie Segnet!!! dit is baie lekker om uiteindelik met julle te kan praat want ek kon altyd net duimpies gee en dit was flippen mislik want ek het nog altyd julle kommentare terdeë geniet!

Willy ·

En natuurlik geniet ons joune ook terdeë JAVR. Ons lief jou humor!

Trippie ·

JAVR ❀ Blommetjie vir jou (baie dankie vir die duimpies) !

***

Willy – ek kan nou nie vir jou ‘n blommetjie stuur nie – dus, hiermee saam ‘n glasie “champaigne” … net een slukkie hoor !

Willy ·

Dankie Trippie. Pass daai bottel. Vandag is ons nie bang of bygelowig nie.

JAVR ·

Nee wat Trippie!!!! Ek soek ook ‘n slukkie!!!!! Het die 1ste keer in omtrent 1 jaar ‘n glasie wyn gehad Sondag sodat ek genoeg moed het om op ‘n vliegtuig te klim en daar is ek so geswaai dat ek ‘n veer gevoel het vir die neersit van daai vliegtuig. Dit WAS rof!!!! hie hie nou het ek die smaak nou kan ek nat hou wha ha ha

Willy ·

Ek het geweet hy sal nie die duisend jaar maak nie. Nie enigeen se naam is Matusalem nie.

GB ·

Vertrou maar dat hy soos die moordenaar aan die kruis tot besinning gekom het en sal bly lewe uit groot Genade deur Jesus Christus!

marlene ·

Aangesien Jesus vir elke siel op aarde gesterf het sal ek nooit enige persoon afkraak nie want hoe gelukkig is ek nie dat Hy my gewas het met die bloed van die Lam. Dit kon ek gewees het wat die pad so verskriklik beister geraak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.