Clicks het Woensdag bekend gemaak hy gaan ook die voorbeeld van talle ander winkels volg deur Sondag sy deure toe te maak vir oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.
“As ʼn teken van respek gaan al ons Suid-Afrikaanse winkels gesluit wees om ons werknemers die geleentheid te gun om die begrafnisverrigtinge op televisie te volg, of om gedenkdienste in hul plaaslike gemeenskappe by te woon,” het David Kneale, die uitvoerende hoof van Clicks, gesê.
Hy het gesê winkels sal op 16 Desember oop wees, al is dit ʼn openbare vakansiedag.
Lees ook:
Hierdie winkels is Sondag gesluit