Clicks ook Sondag toe vir Mandela-begrafnis

clicks1_1255435084Clicks het Woensdag bekend gemaak hy gaan ook die voorbeeld van talle ander winkels volg deur Sondag sy deure toe te maak vir oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.

“As ʼn teken van respek gaan al ons Suid-Afrikaanse winkels gesluit wees om ons werknemers die geleentheid te gun om die begrafnisverrigtinge op televisie te volg, of om gedenkdienste in hul plaaslike gemeenskappe by te woon,” het David Kneale, die uitvoerende hoof van Clicks, gesê.

Hy het gesê winkels sal op 16 Desember oop wees, al is dit ʼn openbare vakansiedag.

Lees ook:
Hierdie winkels is Sondag gesluit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.