Cliff aangekla na beweerde sekssistiese aanmerking

Foto: Facebook

Die 5FM-radiojoggie en Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, is daarvan aangekla dat hy ʼn sekssistiese aanmerking gemaak het oor vroue tydens ʼn regstreekse onderhoud, berig die Star.

ʼn DA-raadslid in eThekwini, Tex Collins, het ʼn klag aanhangig gemaak by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) oor die beweerde aanvallende aanmerking. Cliff het glo Donderdag tydens ʼn onderhoud met die vigsaktivis, Angela Larkan, gesê meisies van 22 doen gewoonlik niks as om op hulle rûe te lê met hulle bene oop nie. Hy het glo die aanmerking gemaak nadat Larkan gesê het sy doen sedert sy 22 jaar oud was humanitêre werk. Cliff het in reaksie hierop gesê hy wou bloot ʼn vergelyking maak dat baie of meeste 22-jariges meer geïnteresseerd is om met hulle bene oop te lê as humanitêre werk te doen. ʼn Woordvoerder van die UKKSA sê hulle sal ʼn kopie van die program by die SABC aanvra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.