Cliff kan lisensie kwyt wees

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Die 5FM-aanbierder en Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, het Woensdag in die Centurion landdroshof verskyn nadat hy Dinsdagaand in hegtenis geneem is vir ʼn spoedoortreding.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Medupi Simasiku, sê die saak is uitgestel tot 16 Maart. “Dit is uitgestel aangesien daar ʼn ondersoek sal wees oor of sy bestuurslisensie opgeskort moet word of nie.” Cliff is Dinsdagaand op die R21 vasgetrek nadat hy glo teen 182km/h gery het in ʼn 120km/h sone. Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Cliff het gistermiddag op sy blog geskryf dat hy ʼn “dom ding gedoen het en dat daar nagevolge is.” Cliff het ook die media gekap en sê daar is verkeerdelik berig dat hy die aand in ʼn tronksel spandeer het. “As daar ʼn les is om te leer, is dit dat spoed nie net sleg is wanneer dit tot die dood lei nie, maar dit is ook nie die moeite werd nie. Bestuur veilig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.