Cliff kry boete oor spoed

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Die 5FM-aanbierder en Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, is Donderdag ʼn boete opgelê nadat hy vroeër die maand vir ‘n spoedootreding in hegtenis geneem is.

“Ek verstaan en besef dat my optrede verkeerd was,” het Cliff erken in ‘n verklaring wat deur sy prokureur, Werner Bruyns, in die Pretoria landdroshof uitgelees is. Cliff is ʼn boete van R10 000 opgelê of tronkstraf van ses maande. Landdros Desmond Nair, het egter gelas dat Cliff se lisensie nie opgeskort word nie. Cliff is op 7 Maart in hegtenis geneem nadat hy teen 182km/h betrap is in ʼn 120km/h sone. Hy is egter kort hierna vrygelaat. Sy saak is verlede Woensdag uitgestel nadat die hof gevra het vir ʼn ondersoek oor of sy lisensie opgeskort moet word. Cliff het na die voorval op sy blog geskryf: “Ek het dom ding gedoen en daar is nagevolge. As daar ʼn les is om te leer, is dit dat spoed nie net sleg is wanneer dit tot die dood lei nie, maar dit is ook nie die moeite werd nie. Bestuur veilig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.