Cliff skotvry ná klag

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Die 5FM-aanbieder Gareth Cliff het skotvry daarvan afgekom nadat hy ’n vrou ’n “bitch” genoem het tydens sy ontbytprogram.

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) sê in ʼn verklaring die woord is op ‘n “speelse en melodramatiese manier” gebruik. Die vrou wat die klag aanhangig gemaak het, het op 4 Junie na Cliff se ontbytprogram ingebel om haar mening oor M-Net se Idols, waarvan Cliff ʼn beoordelaar is, uit te spreek. Cliff het op 6 Junie na die vrou verwys as “dear bitch” in ʼn poging om haar te kry om weer in te bel na die program. Die vrou, wie se naam nie tydens die program genoem is nie, het ʼn klagte by UKKSA ingedien. ʼn Verteenwoordiger van 5FM het aangevoer dat Cliff na haar verwys het as “dear bitch” weens haar “aggressiewe en konfronterende manier”. Hy sê die verwysing is dieselfde as om na iemand as “bitchy” te verwys. Hoewel die klagte van die hand gewys is, is 5FM daarop gewys dat herhaaldelike gebruik van die woord ontmoedig moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.