Cliff skotvry ná Moslem-klag

Die 5FM-aanbieder Gareth Cliff het weer skotvry daarvan afgekom nadat daar ʼn klag teen hom aanhangig gemaak is oor beweerde neerhalende opmerkings teenoor Moslems.

The Star berig dat die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) in September verlede jaar die klag ontvang het van Zaheer Ismail. Cliff het glo opmerkings gemaak oor ʼn selfmoordbomaanval in Kaboel, Afghanistan waarin agt Suid-Afrikaners dood is. “Daar is niks goed in Afghanistan nie, daar is ook niemand met ʼn gesonde verstand nie. Westerlinge moet die 13de eeu barbare los dat hulle hulself opblaas,” het Cliff gesê volgens Ismail se klag. Kim Erentzen, woordvoerder van UKKSA, het aan The Star gesê dat Cliff nie die uitsaaikode oortree het nie. Rina Broomberg, Cliff se agent, het aan die koerant gesê dat hy nie na Moslems verwys nie en dat Ismail hom verkeerd aangehaal het.

Cliff het in Augustus verlede jaar ook skotvry daarvan afgekom nadat hy ʼn vrou ʼn “bitch” genoem het tydens sy ontbytprogram. UKKSA het bevind die woord is op ʼn “speelse en melodramatiese manier” gebruik. Hoewel die klagte van die hand gewys is, is 5FM daarop gewys dat herhaaldelike gebruik van die woord ontmoedig moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.