Clive Derby-Lewis en Janusz Walus glo in tronk aangeval

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis (78) en die sluipmoordenaar Janusz Walus, is glo Woensdagmiddag in die Pretoria Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval en glo met skerp voorwerpe gesteek.

Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog skaars en dat niemand by die gevangenis in die stadium vir hom wil sê wat gebeur nie. “Derby-Lewis se vrou, Gaye, het omstreeks 13:00 vanuit die gevangenis verneem dat hy en Walus deur ander gevangenes aangeval is. Ons weet egter nog nie of dit waar is nie,” het Coertze gesê.

Derby-Lewis en Walus is skuldig bevind aan die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani.

Derby-Lewis het glo ʼn steekwond in sy kop en aan sy nek opgedoen en is na bewering in die gevangenis se kliniek opgeneem.

“Ek het ʼn werknemer na die gevangenis gestuur om te gaan kyk wat gebeur. Ek het ook ʼn dringende skrywe aan die staatsprokureur en aan die hoof van die gevangenis gestuur om vir ons terugvoer te gee. As die aanval wel plaasgevind het, weet ons nie in watter toestand hy is nie,” het Coertze bygevoeg.

Hy sê as Derby-Lewis se lewe wel in gevaar is, gaan hulle ʼn dringende hofbevel bekom om hom na ʼn hospitaal oor te plaas waar hy beter mediese behandeling kan ontvang.

Volgens Coertze is die motief vir die aanval nie bekend nie. Hy het wel verneem dat die aanvallers Derby-Lewis en Walus, wat hoëprofiel-gevangenes is, glo aangeval het in ʼn poging om na ʼn ander gevangenis oorgeplaas te word. Hy het dit egter benadruk dat hy nie weet of dié bewerings waar is nie. “Ek weet nie wie sal ʼn sieklike saggeaarde bejaarde sommer net so aanval nie,” het hy gesê.

Derby-Lewis is in 1993 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op Hani. Hy het ʼn vuurwapen gereël vir Walus, wat tans dieselfde vonnis uitdien. Altwee is aanvanklik doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf in Suid-Afrika afgeskaf is.

Derby-Lewis het glo kanker en het in 2011 en 2012 aansoek gedoen vir mediese parool, maar dit is afgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

alet ·

Is dit regverdig om so iets te doen ander wat niks makeer word vrygelaat en loop met sigarre rond lyk my hulle wil he hy moet op vrot in die tronk kry hulle nie skaam het hulle geen menslikheid in hulle nie

Slim Daan ·

nee ek weet okie hoekom hulle so iets onregverrig doenie ennek stem saam met die dat hulle nie-siekes somaar so vry laat om te loop en dan loop hulle met sigare en sigarette so stook stook en hulle wil lyk dit vir my hulle daar lat le dat hulle opvrot en dit gaan nie lekker ruik nie en dat hulle geen medemenslikheid of skaamte toon en en en en ek kan dit nie regkry om n komma of punt hier aan te bring of n slag asem te haal nie en ek weet ook nie hoe’t ek dit reg gekry om tot hier in die lewe te kom nie en

Kobus ·

Daan Kat, jy moet nie spot met siekte nie. Tony Factor siekte om presies te wees.

Hans Onrust ·

en hier kan deze failed state waar onverantwoordelijke onderontwikkelden in de hoogste posities verkeren puur op gewelddadige inborst, voor deze politieke gevangenen zelfs veen veiligheid waarborgen in de tronk. Dat er destijds niet op basis van ouderdom en gezondheid clementie is getoond door een louche hardvochtige commissie moest toch scherpe veroordeling van int. mensenrechtenorgs.. brengen. Nu dit een direct gevolg is kan een raadsman niet anders dan forse schadevergoeding eisen en de zaak internationaal voorleggen.

Trippie ·

Puik verwoord Hans (en dit was nou ‘n groot verrassing om jou hier “raak te loop”. ;)

hans Onrust ·

dit voortdurende typerende inhumane gedrag van dit bewind jegens deze bejaarde mannen verdient nu echt ingrijpen van derden van uit buiten SA.
Deze anc boeven en trawanten, ook van de gebrekkige oppositie, dalen o.a. hierin nu zelfs af naar het punt dat zelfs de schijn van een degelijk rechtstatelijke organisatie in het geding is.
Instead Rule of the jungle all over !
Dit moet de verdediging een enorme schadevergoeding doe instellen. En snel. In samenwerking met een buitenlandse partij !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.