CNN sê Kaapstad is een van die bestes

Kaapstad is as een van CNN se “Wêreld se Mees Geliefde Stede” uitgewys.

Die stad is op nommer nege saam stede soos Barcelona en New York. Volgens die netwerk se reiswebwerf CNNgo, is Kaapstad gekies weens sy skouspelagtige hawe, argitektuur, klimaat, die V&A Waterfront-winkelsentrum asook Tafelberg.

Alan Winde, die Wes-Kaapse LUR vir toerisme, het gesê dié eer verhoog die stad se blootstelling aan internasionale markte nog verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.