Coca-Cola het Donderdag aangekondig dat hulle 750 werknemers in Amerika weens herstrukturering moet aflê.
Volgens ‘n woordvoerder van die maatskappy bestaan dié werknemers uit 1% van die maatskappy se totale werksmag in Noord-Amerika. Die meeste afleggings gaan by die maatskappy se hoofkantoor in Atlanta, Georgia, plaasvind.
Die afleggings en herstrukturering volg nadat die maatskappy in 2010 die botteleringsbedrywighede van Coca-Cola Enterprises verwerf en begin integreer het. Na verwagting sal die maatskappy tussen $550 en $650 miljoen met die vierjaarintegrasie-program spaar.