Computicket vergoed Velvet Sky-klante

Klante wat kaartjies deur Computicket Travel vir die sukkelende Velvet Sky gekoop het, sal tydens die Paasnaweek terugbetaal word, het die maatskappy Donderdag gesê.

“Ten spyte daarvan dat al die fondse uit kaartjieverkope aan Velvet Sky oorbetaal is, het Computicket Travel besluit om dié klante uit hul eie sak te vergoed,” het Computicket Travel, wat deur die Shoprite Groep besit word, in ʼn verklaring gesê. Die maatskappy is nie wettig verplig om die klante te vergoed nie, maar sal die fondse uit kaartjies wat by enige Computicket verkooppunt in Checkers of Shoprite ter waarde van sowat R2.2 miljoen verkoop is, aan die klante terugbetaal. Whitey Basson, hoof uitvoerende beampte van die Shoprite groep het gesê: “Dit is belangrik dat ons ons klante op elke moontlike manier probeer bystaan sodat hulle nie hul swaarverdiende geld weens dié onvoorsiene omstandighede aan ʼn diensverskaffer verloor nie.”

Die sukkelende laekoste-lugdiens staan tans ʼn likwidasie-aansoek teë in die hooggeregshof in Pietermaritzburg. Die aksie is geloods deur die brandstofverskaffer BP Suid-Afrika wat beweer dat Velvet Sky hom ongeveer R29 miljoen skuld. BPSA het in Januarie opgehou om brandstof aan dié lugdiens te verskaf om enige verdere finansiële risiko te beperk. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.