Comrades renoster-atleet besteel

Vincent O’Neill Foto: www.savetherhino.org

‘n Video van O’Neill met die renosterpak volg onderaan die berig.‘n Comrades-marathonatleet wat van plan is om die wedloop in ‘n 10kg-renosterpak te voltooi, is beroof.

Vincent O’Neill van Engeland, wat fondse insamel vir projekte wat renosterstroop bekamp, se sak met sowat R3 000, ‘n iPhone, Apple Mac, iPad en sy paspoort is Vrydag by die Comrades-expo in Durban gesteel, berig The Saturday Star. O’Neill het mediaonderhoude gevoer en foto’s saam met ondersteuners geneem toe hy besef sy rooi rugsak is nie meer waar hy dit gelos het nie.

Dit het glo minute nadat hy by die expo opgedaag het, gebeur. Volgens die koerant was daar duisende mense by die expo. Ondanks die voorval is O’Neill nog steeds gefokus op sy doel. “Ek is teleurgesteld deur die diefstal, maar ek verstaan dat hierdie dinge enige plek in die wêreld kan gebeur,” het hy gesê. “My doel bly by die wedloop en om my self tot die uiterste te beproef.”

Dit is O’Neill se eerste wedloop in Suid-Afrika. Hy het vroeër met sy swaar renosterpak aan die Londen-marathon deelgeneem.

Die Comrades-marathon, wat 87km lank is, begin Sondagoggend om 05:30 in Durban. Deelnemers sal na verwagting later in die dag die eindstreep in Pietermaritzburg haal.

-SAPA

Klik hier om O’Neill finansieel te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.