Contralesa wil langer Junie-skoolvakansie hê

Argieffoto

Tradisionele leiers het Vrydag maniere ondersoek om die Junie-skoolvakansie te verleng om inisiasie-praktyke te akkommodeer.

“’n Deel van die uitdagings wat ons het is omdat ons met ‘n beperkte tyd werk,” het Kgoshi Setlamorago Thobejane, algemene sekretaris van die Congress of Traditional Leaders of SA (Contralesa) gesê. Hy sê die proses [inisiasies] verg tyd en hulle doen ‘n beroep op die regering om hulle by te staan, deur ‘n gaping te skep deur die wintervakansie te verleng. “Ons wil ‘n beroep doen op wetgewers om dit te verander om te verseker dat ons genoegsame tyd het sodat ons dinge behoorlik kan doen.”

Hy sê Suid-Afrika is ‘n veelsydige samelewing en dat ‘n middeweg gevind kan word. “Ons behoort nie noodwendig aan die Christelike gemeenskap nie, maar ons geniet die lang Desember-vakansie en niemand kla daaroor nie,” het hy gesê. “Om ‘n beter samelewing te bou moet ons alle ander opsies oorweeg wat tot ons beskikking is.”

Hy sê die huidige skoolvakansies is deur die apartheidsregering ontwerp, en akkommodeer nie Afrika-gebruike en tradisies nie. “Sommige individue kan dalk nie die belangrikheid sien van dit waarvan ons praat nie, maar ons nooi mense en sê ‘kom ons speel ‘n rol in die uitdaging wat die nasie in die gesig staar’,” het hy gesê.

Thobejane beskuldig die regering dat hulle voorskryf van hoe dinge moet gebeur. Tradisionele leiers wil die regering lei oor die kwessies, aangesien hulle meer weet van kultuur en tradisie. Thobejane het om verskoning gevra aan die land vir die onlangse vlaag van sterftes onder jong mans by inisiasieskole. Hy sê tradisionele leiers is geskok deur die aantal sterftes. Sedert 2004 is 250 jong mans al regoor die land by inisiasieskole dood.

“Ons betoon ons meegevoel aan die families wat kinders verloor het. Ons was veronderstel om dinge anders te doen.” Sedert Mei is 30 jong mans al in die Oos-Kaap oorlede, 30 in Mpumalanga en sewe in Limpopo. Thobejane sê die tyd het gekom vir tradisionele leiers om te bepaal hoe dié sterftes verhoed kan word. “Een sterfte is te veel. Ons het misluk en ons het almal se hulp op dié pad nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Verleng die vakansie en maak die inisiasie skole verpligtend vir alle swartes sommer ook vir die OC’s maar dit moet deur toordokters in die veld uitgevoer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.