Cope veroordeel ‘aanval’ op Madonsela

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Cope het Sondag ministers in die veiligheidsgroepering veroordeel vir wat die party noem ‘n aanval op Thuli Madonsela, openbare beskermer.

“Die openbare beskermer ondersoek net die saak en maak haar ondersoek bekend,” het Dennis Bloom, Cope-LP, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn aanval op haar en niks anders as ʼn poging om ontslae te raak van haar nie, net soos hulle ontslae geraak het van die Skerpioene toe hulle lede van die regerende party wat by korrupsie betrokke was ontbloot het.” Madonsela het op 1 November haar voorlopige verslag oor die opgraderings aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning aan ministers in die veiligheidsgroepering oorhandig. Die ministers het gevra om die verslag te sien ten einde vas te stel of dit moontlik president Zuma se veiligheid in gedrang kan bring. Die ministers wou meer as vyf dae hê om die verslag te bestudeer maar Madonsela het die versoek geweier. Die ministers het toe ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring om meer tyd te kry om die verslag te bestudeer. Die ministers het egter later die aansoek teruggetrek. Bloom sê Cope wil weet hoekom die ministers so bang was en hoekom hulle die inligting van die publiek wou weerhou. “Dit is belastingbetalersgeld wat by Nkandla gebruik is. Cope doen ʼn beroep op vredeliewende Suid-Afrikaners om agter die openbare beskermer te staan en haar te ondersteun in die goeie werk wat sy vir die land doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daan ·

Cope is soos ‘n stem in die donker. Jy skrik jou vrek en weet nie waar vandaan dit kom nie so onbekend is dit. maw Het Cope nog bestaansreg?

Daan ·

Cope is soos ‘n stem in die donker. Jy skrik jou vrek en weet nie waar vandaan dit kom nie so onbekend is dit. maw Het Cope nog bestaansreg?

Trippie ·

Wel, ek het dit al gese, en se dit weer – ongeag dreigemente, ens. sy laat haar nie intimideer nie. Ek het geweet, haar openbaarmaking van die Nkandla-verslag gaan teen haar tel – net ‘n kwessie van tyd, en sy is haar pos kwyt.

leon ·

Helo Trip, jip sys so baie vinnig oppad om werk te soek. Sys klaar by die agterdeur. Die groot kokkedoor sal daarvoor sorg glo my.

Trippie ·

Jy weet Leon, ek glo, mens moet die duiwel gee wat hom toekom – dit werk mos so in die ANC-geledere, as jy nie saamstem, of jy word geag ‘n bedreiging te wees, is jy jou pos kwyt.

Helene Heyns ·

Hierdie Thuli Madonsela is `n “great girl”. Sy krap waar dit juk. Doe so voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.