Cornelius Bosch-moordverhoor uitgestel

Die saak teen ses mans, wat aangekla word van die moord op die bekende kunstenaar Cornelius Bosch, is vanoggend in die Pretoria Noord landdroshof uitgestel tot 12 Augustus vanjaar.

Bosch het op 24 Febuarie vanjaar spoorloos verdwyn en is later as vermis aangemeld. Sy verminkte lyk is die volgende maand in ʼn veld naby sy huis in die Kameeldrift-omgewing in Pretoria gekry. Vyf van die beskuldigdes, Abraham Rabie (32), Delgado Swarts (26), Lowan Lottering (30), Schabir Mohammed (31) en Lee Maggie (29) is vroeer op borgtog van R2000 elk vrygelaat. Bosch se persoonlike assistent, Christo Potgieter (26), is op borg van R10 000 vrygelaat. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.