Corrie Sanders sterf ná skietery

Corrie Sanders, die voormalige swaargewig bokser, is Sondagoggend dood.

Sanders is Saterdagaand tydens ʼn gewapende roof by ʼn restaurant naby Brits in die maag en arm geskiet. Na wat verneem word, was Sanders by ‘n 21e verjaardagpartytjie van sy nefie by die restaurant, toe rowers toegeslaan en mense van hul selfone en beursies beroof het.

Die 46-jarige Sanders is kort na die voorval in die Kalafong-hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy aan sy wonde beswyk het. Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die roof in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.