Cosas wil verkragters kastreer

Die Congress of SA Students (Casas) het Dinsdag gedreig om verkragters te kastreer.

“Ons gaan die reg in eie hande neem,” het Thlologelo Malaji, president van Cosas, gesê. “Ons gaan die privaatdele van diegene wat ons broers en susters verkrag, afsny. Ons sal ook nie van die dwelmhandelaars in ons gemeenskappe vergeet nie, want ons weet waar hulle bly.”

“Lede van ons gemeenskap moet nie meer in vrees lewe nie en ons help om al die euwels van die samelewing uit te roei,” het hy gesê.

Malaji sê Cosas het besluit om nie agteroor te sit en te kyk hoe die jeug se toekoms deur die euwels van die samelewing weggevat word nie. “Ons doen ʼn beroep op belanghebbendes in die opleidingsbedryf om deel te neem en ʼn bydrae te lewer in die struggle vir die opvoeding van ons land; om te verseker dat ons studente die beste opleiding ontvang.”

Cosas sal glo vergaderings reël tussen ouers, leerlinge en ander om die toestand van opleiding in die land te bespreek. “Die kultuur van onophoudelike ontwrigting van opleiding en opvoeding weens betogings is kern tot dié samesprekings.”

Malaji sê Cosas is ook besorg oor die aantal skole, veral hoërskole, wat nie voedingskemas het nie. “Indien ʼn kind in ʼn laerskool op ʼn voedingskema staat gemaak het, is hul omstandighede in die hoërskool nog steeds dieselfde. Waar sal die kind bystand ontvang indien daar nie ʼn voedingskema by die skool is nie?” Hy sê die gehalte van kos wat in voedingskemas bedien word, is ook kommerwekkend.

Malaji sê Cosas sal ook voortgaan om die publikasie van matriekuitslae in koerante teen te staan. “As ʼn studente-organisasie hou ons steeds vol matriekuitslae is ʼn privaatsaak tussen die matrikulant en die departement van onderwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Kom ons kyk na die lang tydperk wat die departement vat om ons matriek sertifikate aan ons te oorhandig. (Ek het 5 jaar vir myne gewag) Nou wil die mense hê die departement moet die uitlae ook persoonlik oordra, dis absurd! Mens sal nooit weet of jy toelating het om na ‘n universiteit te gaan nie

HELENA SEABORNE ·

uiteindelik iemand met brains. ek sal help met die afsny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.