Cosatu betoog weer op N1 teen e-tolstelsel

Argieffoto

Die vakbondfederasie Cosatu ry Maandag weer teen ʼn slakkepas op die N1-hoofweg om teen die voorgestelde e-tolstelsel in Gauteng te betoog.

ʼn Groep voertuie vertrek omstreeks 09:00 van Cosatu se hoofkwartier in Braamfontein waarna hulle na die M1-snelweg gaan beweeg. Vandaar gaan hulle op die N1-noord na die Olifantsfontein-afrit beweeg, terugdraai op die N1-suid na Diepkloof se rigting, waarna die konvooi op die N12-oos gaan beweeg. Die konvooi sal dan op die M1-noord ry tot by die Smitstraat-afrit, waarna dit sal terugkeer na Cosatu House.

Die Johannesburgse metropolisie sal die betoging fyn dophou.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die metropolisie sal beslag lê op voertuie wat op die snelweg stilhou, soos die geval was tydens ʼn soortgelyke optog waarby Cosatu voorheen betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.