Cosatu: ‘DA-plakkaat verskans wit oppermag’

Cosatu in KwaZulu-Natal sê die DA studenteorganisasie se plakkaat, wat wys hoe ‘n wit man en swart vrou mekaar met kaal bolywe omhels, verskans die idee van “wit oppermag”.

“Dit verskans wit oppermag waarteen ons geveg het gedurende die vryheidstryd,” sê Cosatuse provinsiale sekretaris Zet Luzipo. Hy sê die plakkaat krap ou wonde oop en is nie oor onderrig nie. “Die plakkaat sê sluit aan by die DA en hê ʼn buite-egtelike verhouding met ʼn wit persoon. Die DA dink ons stryd vir demokrasie het gegaan oor die Ontugwet en die Groepsgebiedewet. Ons sal nie opgewonde wees oor die idee om ʼn buite-egtelike verhouding met ʼn wit persoon te hê nie; ons sal nie daar deur verlei word nie.” Hy sê as die Da nie-rassigheid wil bespreek sal hulle dit verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Ek verstaan nie almal se verwysings na buite-egtelike verhoudings nie. Waarom is die verstek-aanname dat die persone op die plakkaat nie getroud is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.