Cosatu dreig met landboustakings in die Wes-Kaap

Werkers betoog in Swellendam tydens onluste in die Wes-Kaap in November 2012. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Lede van die vakbondfederasie Cosatu kan dalk volgende maand in die Wes-Kaap begin staak indien sosio-ekonomiese kwessies nie dringend aangespreek word nie, het Tony Ehrenreich, leier van Cosatu in die provinsie, gesê.

“Daar sal ʼn algemene staking regoor die Wes-Kaap plaasvind indien ons nie die maatskaplike kwessies, naamlik opvoeding, openbare vervoer, elektrisiteitskoste, bendebedrywighede en ander soortgelyke kwessies, kan aanspreek wat werknemers raak nie,” het hy gesê. “Daar moet ʼn gesprek plaasvind met die provinsiale regering, die stad Kaapstad, die munisipaliteite, die arbeidsbeweging en die algemene burgerlike samelewing.”

Ehrenreich sê Cosatu se geaffilieerde vakbonde sal oortuig word om die staking op te skort indien beamptes ʼn bereidwilligheid toon om te vergader, die kwessies te bespreek en in vennootskap saam te werk. Hy waarsku ook oor verdere provinsiale stakings in die landbousektor.

Plaasdorpe regoor die provinsie is tussen November en Februarie tot stilstand gedwing weens betogings deur werknemers oor swak lone en beweerde strawwe lewensomstandighede.

Die betogings het daartoe gelei dat Mildred Oliphant, minister van arbeid, bepaal het dat die minimum dagloon tot R105 verhoog moet word nadat daar met boere en werknemers vergader is.

Ehrenreich sê hulle het lesse geleer uit die laaste staking. “Die laaste staking was nie regtig onwettig nie, maar ongereguleerd. Ons het nie die prosedure gevolg nie,” het hy gesê.

Cosatu sal vervolgens landboustakings kragtens artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge uitvoer. Dié artikel bied aan werknemers die reg om teen hul sosio-ekonomiese belange te betoog, dit te bevorder of te verdedig. Volgens die wet moet die Raad op Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid seker maak dat die partye vergader om ʼn ooreenkoms te bereik. “Boonop bied artikel 77 ons die voordeel dat, indien ʼn ooreenkoms in die landboubedryf nie bereik word nie, ʼn nasionale staking kan volg,” het Ehrenreich bygevoeg.

Hy sê meer besonderhede sal binne die volgende twee weke tydens ʼn nasionale konferensie aan die lig kom.

“Ons wil almal seker maak dat Suid-Afrika aanloklik bly vir beleggers, maar die spanning ondermyn die vooruitsigte vir Suid-Afrika om ʼn stabiele belegging in die langtermyn te wees,” het hy gesê ná ʼn vraag of die stakings beleggers se vertroue sal beïnvloed.

Ehrenreich sê loononderhandelinge en nywerheidsontwikkelingsplanne skep ʼn omgewing waar beleggers “gerus gestel word” deur langtermynstabiliteit.

Lees ook:
De Doorns: Twee groot vergaderings lê die naweek voor
Planne vir Wes-Kaapse plase
De Doorns: Belastinggeld vir betogings gebruik
Minimumloon vir plaaswerkers tree in werking
Nuuskommentaar: Belangrike week vir Suid-Afrika
Nuuskommentaar: Zuma onder grootste druk van hy staatshoof geword het
Nuuskommentaar: Nuwe minimumlone vir plaaswerkers
Nuuskommentaar: Babelas na die wingerdgriep
“De Doorns is geen staking nie”
De Doorns: Sommige betogers werk dalk weer môre
De Doorns: Hoofweg gesluit
“Maak gereed vir grootskaalse moeilikheid landswyd”
De Doorns-onluste: Bawsi sê staking nie opgeskort nie
Betogings in die Wes-Kaap opgeskort
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekendgemaak
De Doorns: Joernaliste loop deur
De Doorns-onluste: ANC wil staking opskort
Wes-Kaap- onluste: Boere moet onderhandel sê minister
De Doorns-oproer: Polisie gebruik waterkanon
De Doorns: Joernalis se kar aan die brand gesteek
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Wes-Kaap-staking begin weer volgende week
Plaasarbeider-staking vir eers verby
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Hoekom verklaar Tony “Gatkrap” nie maar ‘n oorlog teen witboere sodat hy sy gat kan sien nie!!!

Kaspaas ·

Mens kan sien daar is alweer ‘n verkiesing aan die kom, en Zume & Kie gebruik vir Cosatu as hulle spreukbuis omdat hulle te ruggraatloos is om dit self te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.