Cosatu dreig met volskaalse polisiestaking

Cosatu in die Wes-Kaap het gewaarsku dat alle polisiebeamptes versoek sal word om te staak indien die nasionale polisiehoof nie ʼn ooreenkoms rakende salarisgraderings in plek stel nie.

Administratiewe personeel van die polisie het gister betoog oor onder meer verskille in salarisvlakke. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse voorsitter van Cosatu, het aan stakende personeel in Kaapstad gesê dat Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, nie die wet nakom nie. “Phiyega het ʼn verantwoordelikheid om seker te maak dat die ooreenkomste geïmplementeer word…in die land het ons reëls en wette. Die werkers moet altyd die wet nakom. As jy nie die wet wil nakom nie…dan sal ons alle polisielede, hetsy hulle noodsaaklike dienste verskaf of nie, versoek om aan die staking deel te neem tot daar aan ons eise voldoen is.” Die personeel, wat verbonde is aan die vakbond Popcru, het Ehrenreich luidkeels toegejuig.

Administratiewe personeel in Johannesburg sal na verwagting Donderdag staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.