ʼn Groep betogers in rooi T-hemde het in Simmondsstraat betoog met vuvuzelas en knopkieries. Verskeie betogings word vandag landwyd gehou.
Kyk hier waar betogings in jou provinsie gehou word:
Gauteng
Johannesburgse middestad
Betogers kom by die Library Gardens bymekaar en betoog na die premier se kantoor, die kamer van mynwese, SEIFSA en die departement van paaie en vervoer
Wes-Kaap
Kaapstad
Betogers kom by Kaysersgracht bymekaar en betoog na die parlement
George
Betogers kom by Thembalethu 4-rigting bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Worcester
Betogers kom by Esselen Park bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Oos-Kaap
Oos-Londen
Betogers kom North End-stadion bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Port Elizabeth
Betogers kom by die Nangoza Jebe-saal bymekaar en betoog na die Vuyisili Mini-plein
Queenstown
Betogers kom by die Mzingisi Skweyiya-saal bymekaar en betoog na die departement van arbeid en die plaaslike regering
Mthatha
Betogers kom by Freedom-plein bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Mpumalanga
Emalahleni (Witbank)
Betogers kom by die Lynville-stadion bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Mbombela (Nelspruit)
Betogers kom by die skougronde bymekaar en betoog na die plaaslike regeringsgeboue
Limpopo
Capricorn (Polokwane)
Betogers kom by die SABC bymekaar en betoog na die departement van arbeid, Shoprite en banke
Mopani (Phalaborwa)
Betogers kom by die taxistaanplek bymekaar en betoog na Shoprite, PnP, Fosko-myn en banke
Vhembe (Thohoyandou)
Betogers kom by die Thulamela-munisipaliteit en betoog na Vhembe-distrik, Shoprite, Spar en banke
Sekhukhune (Burgersford)
Betogers kom by Tubatse-munisipaliteit saam en betoog na Shoprite, Spar, Burgersford-winkelsentrum en banke.
Waterburg (Lephalale)
Betogers kom by die polisieopleidingsentrum bymekaar en betoog na Shoprite, Eskom en Exxaro se kantore.
Noordwes
Klerksdorp
Betogers kom by die Klerksdorp mediese-sentrum bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Mafikeng
Betogers kom by die Montshiao-stadion bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Bloemhof
Betogers kom by die huhudi-stadion bymekaar en betoog na die Naledi-munisipaliteit
Rustenburg
Betogers kom by die Bojanala-taxistaanplek bymekaar en betoog na die munisipaliteit
Noord-Kaap
Kimberley
Betogers kom by die Galeshiwe-arena bymekaar en betoog na die departement van arbeid en die premier se kantoor
KwaZulu-Natal
Durban
Betogers kom by Botha-plein bymekaar en betoog na die Durban stadsaal
Richardsbaai
Betogers kom by ZCBF en betoog na die departement van arbeid
Newcastle
Betogers kom by die hoek van Allen en Hildrop strate bymekaar en betoog na Trean Park
Vrystaat
Bloemfontein
Betogers kom by die Batho-gemeenskapsaal bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Senekal
Betogers kom by die stadion bymekaar en betoog na Op die krop, Mentec, OK Scheepers, Oranje Printers en die departement van arbeid
Qwaqwa
Betogers kom by die Difemeng TFC, Vryheidsplein bymekaar en betoog na die munisipaliteit en die departement van arbeid
Sasolburg
Betogers kom by die Zamdela-saal bymekaar en betoog na die departement van arbeid
Welkom
Betogers kom by die Sasol-vulstasie bymekaar en betoog na die sakekamer, die munisipaliteit en die departement van arbeid