Cosatu hou ‘stadigry-betoging’ in Pta teen e-tol

Cosatu sit vandag sy massaprotesaksie teen die omstrede e-tolstelsel voort met ʼn ‘stadigry-betoging’ in Pretoria.

Die betoging sal omstreeks 8:00 langs McDonalds oorkant die Garden Court-hotel in Hatfield begin. Dumisani Dakile, Cosatu se provinsiale sekretaris, sê die betoging sal van hier oos op die N4, suid op die N1 en dan na die R21 in die rigting van die lughawe beweeg. Dakile sê die betogers sal die Nelmapius-afrit neem en dan weer op die R21-noord aansluit en by Fonteine in Eeufees-weg eindig. “Die stadigry-betoging is om bewustheid te skep rakende die veldtog om weg te doen met die e-tolstelsel in Gauteng,” het Dakile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.