Cosatu kanselleer hoofweg-betoging

‘n Betoger Vrydagoggend buite die Cosatu-huis in Johannesburg. Foto: JacarandaFM/Twitter

Cosatu het Vrydagoggend sy beplande betoging om hoofweë in Johannesburg tot stilstand te bring uit protes teen die e-tolstel, gekanselleer.

Die vakverbond het egter steeds ʼn beroep op hul lede gedoen om by die Cosatu-huis bymekaar te kom om daar te betoog. Die Johannesburgse metropolisie en polisie is op hoë gereedheid geplaas en hou die situasie by die Cosatu se hoofkantoor dop, berig JacarandaFM.

Cosatu het gedreig om vandag verskeie hoofweë in Johannesburg tot ʼn stilstand te bring deur teen ʼn slakkepas daarop te beweeg, maar toestemming vir dié optog is geweier aangesien daar tydens ʼn vorige optog mense uit hul motors geklim het en op die snelweg geloop het, wat onwettig is.

Cosatu het Donderdagmiddag ʼn dringende aansoek voor die hof gebring nadat hulle nie toestemming vir vandag se betoging gekry het nie, maar die aansoek is laat Donderdagaand van die hand gewys.

Die hoofweë wat van 08:30 deur die beplande betoging geraak sou word, is die M1-noord, N1-suid, N12 en die M2-noord in die Johannesburg-omgewing.

Cosatu het egter gesê hulle gaan wel poog om met dié protes in die nabye toekom aan te gaan, nadat hofdokumente oor die beplande protesaksie bestudeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Dit is jammer dat hulle die beplande optrede gekanselleer het, dit is nodig om volhoubare druk op die regering toe te pas. Die regering het ongelukkig die howe so gelaai met Zuma-gesidnes dat mens nie eers meer deesdae daar iets uitgerig kry nie. Ons leef in ‘n totale Kommunistiese staat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.