Cosatu vra ‘openbare ongehoorsaamheid’ teen e-tolstelsel

Die vakverbond Cosatu het gevra vir ʼn dag van ‘burgerlike ongehoorsaamheid’ op 30 November in protes teen die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

“Ons glo dat die regering sy besluit gemaak het,” het Cosatu se provinsiale voorsitter, Phutas Tseki, gisteraand tydens die openbare verhore by die WNNR in Pretoria gesê. “So dit is hoekom ons die besluit geneem het dat ons wil betoog by al die tolhekke waar ons burgerlike ongehoorsaamheid gaan hê met ons klein, medium en groot motors op die dag.” Tseki sê indien die betogers stadig ry by die oorhoofse tolhekke sal ander motoriste gedwing word om van alternatiewe roetes gebruik te maak. “Volgens ons is daar geen alternatiewe roetes nie. Dit is in ʼn baie slegte toestand en ons kan nie daarvan gebruik maak nie.” Hy sê die aksie sal die regering laat besef dat hulle nuwe alternatiewe roetes moet bou indien hulle die hoofweë wil belas.

Yusuf Abramjee, hoof van Primedia en stigter van Crime Line, het Woesdagaand se openbare verhoor by die WNNR in Pretoria in sy persoonlike kapasiteit bygewoon. Hy sê daar is geen voldoende alternatiewe roetes van Pretoria na Johannesburg nie. Abramjee sê die beperking van tolfooie tot R550 per maand bring min troos. Meer as 200 mense het gisteraand se verhoor by die WNNR bygewoon. Talle mense het later uitgeloop terwyl die verhoor steeds aan die gang was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.