Cosatu wil e-tol finaal skrap

Cosatu het gewaarsku dat die federasie weer protesoptogte sal hou as die e-tolstelsel nie finaal geskrap word nie.

Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het Donderdag gewaarsku dat die federasie weer protesoptogte sal hou indien die e-tolstelsel nie finaal geskrap word nie.

City Press het berig dat Vavi voorgestel het dat ʼn 14% heffing by die petrolprys gevoeg word. Dit kan as betaling dien vir die opgradering wat reeds aan Gauteng-hoofweë gedoen is, het hy gesê.

Vavi het verder gesê dat Cosatu steeds druk op die regering sal uitoefen om alternatiewe betalingsmetodes vir die stelsel te ondersoek. Hy het ook gesê dat hy dink die regering mors sy tyd om die stelsel se afskaffing verder in die howe te beveg.

Adjunk-president, Kgalema Mothlanthe, het vroeër vandag gesê die regering glo steeds dat die verbruiker moet betaal en beplan om te appelleer teen die onbepaalde uitstelling van die e-tolstelsel.

Lees hier vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.