Die Italiaanse duikspan wat na die liggame van die twee mense soek, wat nog vermis word ná die Costa Concordia-bootramp verlede jaar, het vandag op ’n menslike oorskot afgekom.
Die passasierskip het op 13 Januarie verlede jaar op ’n rif naby die eiland Giglio, naby Italië se weskus gestrand en omgeslaan. Twee-en-dertig mense is in die ramp dood.
Die soektog na die liggame van twee slagoffers wat nog vermis word, kon eers begin nadat die reuse passasierskip vroeër die maand weer vlot gemaak kon word. Die oorskot is vandag deur polisieduikers en seereddingswerkers in die water, waar die middelste gedeelte van die Costa Concordia tot onlangs nog op haar sy gelê het, gevind.
DNS-toetse sal uitgevoer word om die identiteit van die 33ste slagoffer te bepaal.
Moira Kloppers: “DNS-toetse sal uitgevoer word om die identiteit van die 33ste slagoffer te bepaal”.
Volgens vroeëre berigte is 32 mense dood. 30 oorledenes se ligame is gevind , twee slagoffers was vermis. Een van die twee vermiste ligame is gevind en nou is daar 33 slagoffers…………..hoe nou?