Country-sanger pleeg glo selfmoord

Mindy McCready

Die country-sanger Mindy McCready (37) is Sondag dood nadat sy haarself glo geskiet het.

McCready is Sondagmiddag op die voorstoep van haar huis in Cleburne County in Alabama, Amerika, dood aangetref. Dit is op dieselfde plek waar haar voormalige kêrel en pa van haar jongste seun, hom ʼn maand gelede ook self geskiet het. Volgens die polisie wil dit voorkom of sy haarself geskiet het. Sy het een noodlottige skietwond opgedoen.

ʼn Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word. Sy laat twee seuns agter. Die seuns was nie tydens die voorval tuis nie en gaan in pleegsorg geplaas word.

Hier is een van haar treffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mags duP ·

die arme kinders hulle sal altyd wonder hoekom mamma weg is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.