Covid-19: Meer bekend oor Rupert-skenking

Argieffoto. (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Die skenking van R1 miljard deur die Rupert-gesin en Remgro sal deur Business Partners geadministreer word wat sowat 39 jaar ondervinding in die bestuur en uitbetaling van fondse het.

Business Partners se besturende direkteur, Ben Bierman, sê die koronavirus het veroorsaak dat baie klein- en medium-ondernemings in die wêreld onseker oor hul toekoms is. Saam met die tegniese resessie wat Suid-Afrika aan die begin van Maart betree het en die verdere afgradering verlede Vrydag deur Moody’s, is die plaaslike finansiële vooruitsigte swak.

Hy sê Business Partners is tans volstoom aan die werk om riglyne en stelsels in plek te kry om te verseker dat die befondsing besighede bereik wat dit die nodigste het.

“Ons sal finansieringsprogramme beskikbaar hê vir alleen-eienaars sowel as meer formele ondernemings om so wydverspreide ondersteuning te verseker.”

ʼn Aankondiging oor die kriteria, terugbetalingsvoorwaardes en hoe om aansoek vir finansiering te doen sal na verwagting later hierdie week bekend gemaak word. Rupert het verlede week in twiet gesê sy geld is vir “almal” en nie bedoel om ʼn bepaalde groep te bevoordeel nie. Dit nadat bewyse aan die lig gekom het dat die regering van plan is om ondernemings wat deur swartes besit word, bo ander ondernemings te bevoordeel.

“Dis ongelukkig die werklikheid dat COVID-19 tot die ondergang van baie klein- en medium-groot ondernemings oor die hele wêreld sal lei. Ons glo egter dat die befondsing wat deur die Rupert-gesin, Remgro en al die ander inisiatiewe wat in Suid-Afrika geïmplementeer word, kan help om ondernemings en werkgeleenthede te beskerm,” aldus Bierman.

Intussen het verskeie ander instansies ingespring en geld aan die regering se Solidarity Fund geskenk wat verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa bekendgemaak is. Geld uit dié fonds moet sakeondernemings wat swaarkry weens die 21 dae van algehele afsondering, finansieel bystaan.

Die Shoprite-groep het ʼn skenking van R1-miljoen gemaak.

Die groep sê in ʼn verklaring die aanvanklike skenking sal daagliks groei met die steun van die publiek wat by betaalpunte in enige Shoprite of Checkers supermark landwyd ʼn bedrag by hul aankope kan voeg.

Dit is ʼn voortsetting van die groep se Act For Change-fonds, wat in 2016 ingestel is om gemeenskappe tydens die droogte by te staan. Dié geld sal nou aan die Solidarity Fund beskikbaar gestel word.

“Wanneer Suid-Afrikaners verenig is, is ons ‘n formidabele krag ten goede,” sê Pieter Engelbrecht, die groep se uitvoerende hoof. “Om die grootste uitdaging van ons tyd te oorkom, moet ons nou meer as ooit tevore saamstaan.”

Die Shoprite-groep het verlede week ook ‘n eenmalige bonus van R102 miljoen vir sy werknemers aangekondig as ʼn blyk van waardering vir hul onvermoeide pogings om so vinnig as moontlik basiese huishoudelike artikels op winkelrakke te kry.

Die mediareus Naspers het hom ook Maandag aangekondig dat hy R1,5 miljard sal bewillig om die effek van Covid-19 teen te werk.

Naspers skenk R1.5mjd vir SA se stryd teen Covid-19vir die Suid-Afrikaanse regering se stryd teen die Covid-19-krisis.

Die groep gaan R500m bydra tot die Solidaritietsfonds. Hierbenewens gaan Naspers ook persoonlike beskermingstoerusting en ander mediese voorrade ter waarde van R1 miljard  in China aankoop – in vennootskap met die Chinese regering en Tencent. Dit is bestem vir Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers en sal so gou moontlik na Suid-Afrika gevlieg word.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Onnie ·

Rupert moet nou sê sy geld is net vir besighede bedoel wat onder wit eienaarskap is, dan sien jy hoe mal raak die EFF en ander! What’s good for the goose, is good for the gander….

Michael 1 ·

Hoe help dit as die regering die geld gebruik om teen wit minderhede te diskrimineer soos die geval nou waar Solidariteit hom tot die hof moet wend vir geregtigheid en dan word daar gevra vir eenheid en dat ons as een nasie moet saamstaan…SKRAP DISKRIMINERENDE WETTE TEEN WITMENSE.

Eiervrug ·

Ek het nog nie gelees dat ons President ‘n skenking gemaak het nie. Ek sou verwag het dat hy ook bietjie spaargeldjies losmaak om sy land se mense te help??

Anel ·

Hy sit op die kantlyn en lag vir al die blankes wat weer gee vir our people. Dan kyk hy seker ook hoeveel hy self kan kry. Hoekom moet hy iets gee? Vir hom gaan dit nie oor die land en sy mense nie, maar oor sy idioligie.

Jan ·

Ek neem aan die ske king kan van rupert se belasting afgetrek word

werner ·

Chinese is slim ,veroorsaak n siekte en maak geld uit beskermings toerusting vir die siekte,Hoop eerder ,deur Geloof te doen,dan val als in plek

Chivago ·

Skenking?? In dieselfde sin as terugbetalingsvoorwaardes en finansiering is dit BESLIS nie ‘n skenking nie

charmaine ·

Ons moet net ingedagte hou dat daar biljoene rande se korrupsie is voor die virus die virus het net bygedra tot afgradering. Maar die korrupsie gaan nie verdwyn nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.