Covid-19: Regering gaan ondernemings bystaan

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die regering is besig om ʼn aantal maatreëls in te stel om sakeondernemings by te staan wat geraak word deur die algehele afsondering om die verspreiding van die koronavirus te voorkom.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand aangekondig dat alle Suid-Afrikaners vanaf middernag Donderdag vir 21 dae in hul huise moet bly. Dit beteken slegs ondernemings wat noodsaaklike dienste lewer, soos kruidenierswinkels, apteke en mediese sentrums, mag oop bly.

FinFind, ʼn organisasie wat die finansiële belange van klein-, medium- en mikro-sakeondernemings (KMMO’s) behartig, sê die 21 dae lange algehele afsondering sal katastrofiese gevolge hê vir alle ondernemings in Suid-Afrika.

“Ons besef dat die meeste ondernemings weens dié maatreëls finansieel gaan ly, daarom is ons besig om ʼn aantal vangnette en maatreëls te ontwikkel wat mense moet ondersteun wie se inkomste in gedrang is,” het Ramaphosa Donderdag gesê.

Een daarvan is finansiële bystand aan KMMO’s. Die departement van toerisme sal byvoorbeeld R200 miljoen beskikbaar stel om KMMO’s in dié sektor by te staan wat weens die afname in toerisme geraak word.

Dit is nog nie bekend presies hoe hierdie ondernemings bygestaan gaan word of wat die kriteria is waarvolgens die regering bystand gaan verleen nie. Die president sal Donderdagoggend meer duidelikheid hieroor gee.

Verdere ingryping deur die regering vir ondernemings en werknemers sluit in dat werknemers wat siek word weens die koronavirus deur die werkloosheidsvergoedingsfonds betaal word. ʼn Belastingsubsidie van R500 per maand sal ook beskikbaar gestel word aan dié werkers in die privaat sektor wat minder as R6 500 per maand verdien. Dit sal ongeveer 4 miljoen werkers help. Die staat oorweeg verder ʼn tydelike korting in die bydrae van werkers en werkgewers aan die werkloosheidsversekeringsfonds en werkgewers se bydraes tot die vaardigheidsontwikkelingsfonds.

Die Oppenheimer- en Rupert-families het ook sowat R1 miljard elk beskikbaar gestel om ondernemings in nood by te staan.

FinFind het dié aankondiging verwelkom en KMMO’s wat tans kontantvloeiprobleme het, aangemoedig om so spoedig moontlik met hul banke, krediteure en verskaffers kontak te maak indien hulle nie hul skuld kan vereffen nie.

Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga, sê die volgende drie weke is die mees akute uitdaging ooit vir sakelui in Suid-Afrika. “Die gesondheid en welvaart van miljoene mense hang nou af van sakelui se vermoë om buitengewone sake te bedryf.”

Sakeliga se bedryfsaktiwiteite is reeds gedesentraliseer en die organisasie sal in die beperkingstydperk onverpoos aanhou werk. “Ons moniteer die regulatoriese verwikkelinge. “Ons help ondernemings, sakekamers, asook klante en kliënte om digitaal te verbind, insigte te bekom, inskattings te doen, operasioneel te bly, en die tafel te dek vir die noodsaaklike herstel ná die Covid-19-tydperk,” sê Le Roux.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Oros Soros ·

Ondernemings bystaan, ja, mits dit 51% in swart besit is. Nie eens ‘n pandemie kan die huidige regering se rasisme stop nie.

Megan Swart ·

Dagsê Wit Willem
Dankie vir jou kommentaar. Dit was inderdaad ‘n fout. Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Jaco ·

Nerens op die internet kry ek nuus wat in detail verduidelik wat presies nog gaan oop wees nie….wat gebeur in n noodgeval as ek dalk n loodgieter benodig? Gaan veeartse nog oop wees? Gaan bottelstore nog oop wees vir ietsie sterkers om die senuwees te kalmeer soos in sommige ander lande wat op n “lockdown” is, hoe gaan hulle mense kry om in hul huise te bly, enigeiemand kan mos sê dat hul oppad is om kos of medidyne te gaan koop…alles is blêrrie onduidelik.

wenz ·

Dan gaan jy self moet inspring en reg maak. Net die volgende sal oop wees in die 21 dae lockdown
“All shops and businesses will be closed, except for pharmacies, laboratories, banks, essential financial and payment services, including the JSE, supermarkets, petrol stations and health care providers.”

Mandie ·

Jaco ek self voel soos jy. Ek kan een antwoord verskaf – ek het vanoggend ons Tops gevra of hulle gaan oop wees en die antwoord is nee. So ons sal die senuwee verversings voor dan moet koop. Hopelik kan ons nog ‘n wyntjie in Spar self koop.

Sharon ·

Ja wat. En so was ek bly en verlig. En probeer toe registreer. Maar besef toe dit is net vir swart mense. Ek as enkel wit vrou tel nie, net as ek moet werk verskaf aan ‘die locals’. Wat nou DEFINITIEF nie meer sal gebeur nie.

Erik ·

Waar is die beriggewing dat slegs swart besighede bygestaan sal word? Ek lees dit nie hier nie?

Jan ·

Erik, dis nie in die berig nie. Sodra jy registreer op die webtuiste om aansoek te doen, word n vorm aan jou gestuur wat jy moet invul. Daarin is die voorwaardes uitgestippel…..die maatskappy wat aansoek doen moet op datum wees met belasting verpligtinge, die maatskappy moet 51% swart aandeel houers he, ten minste 70% van die werknemers moet Suid Afrikaners wees ens ens ens……so die virus het ook n kleur, en daarom moet eisers wat daardeur geraak word voldoen aan BBBEE vereistes…..

Amatambo ·

Hoef dit nie uit te spel nie – ons weet teen hierdie tyd wat in die “meerderheid” se koppe aangaan – die squirrel beklemtoon “OUR people” oor en oor tot satwordens – en “OUR” sluit definitief NIE die minderheidsgroepe in nie…

wenz ·

Hierdie is nou die tyd wat ons moet saamstaan en ons kant bring, as ons nie en die 21dae is verby en daai virus % klim nog hoor, dan sien ek nog erger donker vir SA. n total shutdown dan, nie eers jou neus by die deur uit nie.

Wondermaarnet ·

En geagte Mnr ramaphosa waar gaan die staat die geld kry?

Erik ·

Daar is reeds R2 miljard geskenk. Daar is ook ‘n fonds gestig waar jy ‘n donasie kan gee. Mnr Ramaphosa is slimmer as wat hy dink.

Anel ·

Ja, en wie gaan skenk? Ek tel nie onder die begunstigdes nie, maar hulle gaan van die blankes verwag om te skenk!!

sopbeen ·

Ek is nou verward. Begin die lock down Donderdag of Vrydag???

Luister ·

Dit begin Donderdag na 23:59:59 m.a.w. Vrydagoggend vroeg.

Andre ·

Ek verstaan die hele konsep maar wat pla is dat mense steeds gaan moet beweeg om SASSA toelaes te ontvang. ek dink persoonlik die publieke vervoer kan die virus versprei. dan is die hele oefening verniet

Henk ·

Andre , hier by ons het die sitrus oesseisoen begin tot September en daar is letterlik duisende seisoen werkers wat van hul huise pendel na die plase in trokke , busse , bakkies en taxis . Hierdie oefening is moontlik puur verniet maar ons sal maar sien .

Herpiet ·

Besighede bystaan wat slegs wat in swart besit is ja.
Ook vroeer gehoor op die radio
Rupert en Oppenheimer moet ook dan net wit help…

Michael 1 ·

Nee, Rupert en oppenheimer is nie rasiste nie hulle gaan alle besigheids eienaars help,wat ek sou verwag het van die anc regime waarvoor ek belasting moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.