Cullinan-man se liggaam opgespoor

Die ontbinde liggaam van ʼn man is Woensdag in die veld langs die Bynespoort-grondpad in Cullinan, buite Pretoria, opgespoor.

Johannes Jaftha, woordvoerder van die polisie, sê twee mense was omstreeks 08:30 besig om hout bymekaar te maak toe hulle op die liggaam afgekom het. “Die paartjie het ʼn verbyganger gestop en versoek om die polisie in kennis te stel. Die oorsaak van die dood is onbekend en ʼn nadoodse ondersoek sal binnekort uitgevoer word,” het hy gesê.

Jaftha sê die man, in sy 30s, se identiteit is nog nie bekend nie. Hy het glo ʼn khakibroek, ʼn roomkleurige T-hemp en swart sandale aangehad.

Die polisie se ondersoek duur voort. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.