CUM sê jammer; sit oom Solly-boeke terug op rakke

Ds. Solly Ozrovech. Foto: faithduriekussings.co.za

Ds. Solly Ozrovech. Foto: faithduriekussings.co.za

Ds. Solly Ozrovech se boeke is terug op CUM se rakke, en dié maatskappy het om verskoning gevra dat hulle dit tydelik verwyder het.

CUM (Christelike Uitgewersmaatskappy) het vroeër vandeesweek die verspreiding van die boeke gestaak en dit van hul rakke verwyder ná ernstige aanklagte teen die 86-jarige skrywer in die media verskyn het. Die besluit om die verspreiding van die boeke te staak, is glo geneem nadat ʼn groot aantal klante hul boeke deur dié skrywer teruggebring het.

Du Plessis sê die hewige negatiewe reaksie van die publiek oor die onttrekking van die boeke het die maatskappy die besluit laat heroorweeg. “Ons vra onvoorwaardelik om verskoning vir die tydelike onttrekking van die boeke,” het sy gesê. “Ons besef dat dit ʼn fout was en dat ʼn verkeerde boodskap daardeur uitgestuur is. Om die boeke uit die kollig te probeer hou totdat die bewerings weerlê is of oom Solly se naam in ere herstel is, het baie lede van die publiek onder die indruk gebring dat CUM oom Solly veroordeel en skuldig bevind, al is die teendeel aan die media gekommunikeer.”

Volgens Du Plessis veroordeel CUM ds. Ozrovech hoegenaamd nie, en wil hulle op geen wyse impliseer dat hulle van mening is dat hy skuldig is nie. Sy sê al sy boeke is reeds Woensdagoggend teruggeplaas op CUM Boeke se winkelrakke en versendings deur die uitgewer gaan soos normaalweg voort.

Ds. Ozrovech bevind hom te midde van gerugte wat ʼn gesinstydskrif publiseer het waarin twee anonieme mans beweer hy het hulle jare gelede in die kinderhuis op Ugie in die Oos-Kaap gemolesteer.

“Oom Solly is vir meer as 30 jaar ʼn baie gerespekteerde skrywer en vriend van CUM. Deur die jare het die maatskappy net die hoogste agting vir sy integriteit ontwikkel, asook sy opregte hart vir die Here en sy passie vir die verspreiding van die Evangelie. Ons glo steeds ten volle in hom en koester ʼn kosbare en lojale verhouding,” het Du Plessis bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Robert Fourie ·

Dit is duidelik dat dit vir CUM en vir mv. Du Plessis baie belangrik is wat die meerderheid van die mense van hulle dink. Eers neem hulle die boeke af op publieke aanvraag. Dan sit hulle dit terug op publieke aanvraag. Vir CUM is publieke aanvraag lankal al meer gesaghebbend as God self.

Demokraat ·

As CUM maar slegs die Bybel sou raadpleeg, sou hulle opmerk dat koning Dawid – skrywer van die Psalms – hom skuldig gemaak het aan verlerlei sondes. God het hom daarvoor vergewe omdat hy berou getoon het. Wie is ons om ds Solly te veroordeel gedagtig daaraan dat daar baie boeke uit sy pen die lig gesien het tot verrykking van duisende mense.

H J Bester ·

Sou CUM maar net die Bybel gaan raadpleeg het, sou hulle sien hoe God vir Dawid vergewe het vir al sy sondige dade. Selfs Dawid se Psalms is sentraal in die Bybel en wydgelese. As God vergewe, wie is ons om summier te veroordeel ?

Rika Palvie ·

Cum baie dankie dat julle Ds Solly se boeke terug op rakke gesit het

Rika Palvie ·

Cum baie dankie dat julle Ds Solly se boeke terug op rakke gesit het

Eugenie ·

Die skade is reeds gedoen en die indruk is inderdaad geskep dat hy reeds veroordeel is. Jammer, julle sien my nie weer nie.

ai toggie ·

Cum, julle kan baie bly wees want ek weet van baie mense wat julle wou boikot oor julle sy boeke afgehaal het!! Maar ek is steeds terleurgesteld in julle. Mens doen nie dit nie.

Carin ·

CUM se bestuur wat die besluit geneem het om die boeke in die eerste plek te verwyder se agterente behoort vol ou skoene geskop te word. Sies! Ek het nooit so iets van julle verwag nie.

A Blignaut ·

Stem saam Robert,alles oor geld,lojaliteit is n vloekwoord in hierdie geld gedrewe (wêreld)!

Paul Smith ·

CUM verdien dat hulle deure toegemaak sal word. MOET HULLE NIE VERDER ONDERSTEUN NIE!! Simpel bewerings en CUM het sommer aangeneem dat dit so is, so as hulle dan help om klippe te gooi, gooi hulle dan terug. Hulle is erger as die regering van ons dag en ek sal my voete nie weer in ‘n CUM winkel sit nie al moet ek vir ‘n bomaanval skuiling soek!!! Coebaai CUM.

Alida Müller ·

Ek is een van Cum Boeke se grootste ondersteuners hier in die Wes Kaap maar ek is bitter teleurgestel in wat hulle gedoen het. Ek dink nie ek sal ooit weer vir Cum ondersteun nie. Wat julle gedoen het is onvergeeflik. Die skade is gedoen. Niks wat julle nou sê of doen kan dit ooit weer ongedaan maak nie. Wat ‘n vernedering vir Oom Solly!!!

Wilna Viviers ·

Vir meer as 30 jaar is Oom Solly ‘n gewaardeerde en gerespekteerde ‘vriend’ van CUM, so die mense van CUM ken hom mos dan? Maar CUM het nie eers ‘n oog geblik voor daai eerste boek van die rak afgehaal is nie. Met sulke vriende….wie het vyande nodig….? As ek Oom Solly was sou my hart net nog seerder gewees het oor die oombliklike vertroue-breking tussen hom en CUM.

Gideon ·

Cum ek wil julle nou weer geluk wens met julle besluit. Julle wou nie iets versprei van iemand wat moontlik skuldig is nie. Later het julle wel besin en weer toegegee, maar ek glo indien daar waarheid in die stories steek, sal julle alles verwyder, al was dit nou ook al julle boesemvriend van 30 jaar.

Jan Vermeulen ·

Dit is darem jammer om te sien hoe onvergewensgesind Christene (soms?) kan wees. Die een lot meen bv Oom Solly het ‘n onvergeeflike sonde gepleeg en hy moet gestraf word, al is dit net om sy boeke te gaan teruggee vir die boekwinkel. Ander meen CUM het ‘n onvergeeflike sonde gepleeg en hulle moet gestraf word deur hulle te boikot. Om te vergewe beteken nie om te sê alles wat mens doen is okay en reg nie. Maar daar is ander maniere as verdoeming en straf om die stukkendheid van die wêreld te behandel en genees. Ons is soms eerder soos wildehonde wat ‘n gekweste dier aanval en verskeur.

Eben ·

Wie se besluit binne cum om die boeke in die eerste plek te verwyder. Wie daai sot?

Shannon ·

Ja kyk, geld is geld. En domini het sy pond net so nodig soos CUM. Die een hand was die ander. Ek reken domini moes seker vreeslik verontwaardig gevoel het toe die media hom begin kruisig, vir soveel jare was hy goeie pêlle met Huisgenoot – `n gratis reklame bron vir sy godsdiens doepa.

Kan nou nie veroorsaak dat `n half eeu van godsdiens publikasies van rakke gegryp word nie. Dis nou die lesers se rakke. Want wie wil nou uit die mode wees ? Wie wil nou moet verduidelik dat hulle `n leser is van `n molesteerder se boeke … en dit nou al vir etlike dekades lank.

Vir die wie die aanklagtes sommer summier wil af lag, soortgelyke aantuigings is al teen die domini gemaak jare terug hoor.
Vir die wie so predik oor vergiffenis, dis jou god se saak. Hier op aarde is daar `n reg stelsel. Of jy nou gewas is met die lam se bloed of nie, reg sal sy gang gaan.

Elize de Klerk ·

Christelike Uitgewers Maatskappy? dan moet mens aanneem die boeke word deur Christene gelees. Watter Christen reageer so? Om ‘n mede christen te veroordeel op grond van onbevestigde bewerings, dan wil ek myself liewer maar nie meer ” ‘ Christen’ noem nie.

AmY ·

Ek is bly dat CUM-Boeke die regte besluit geneem het, Oom Solly boeke terug op die rakke gesit het.

Niemand is sonder sonde nie, en geen sonde is groter as ‘n ander sonde nie.

As CUM-Boeke slegs die cd’s en boeke van sangers en skrywers (wat sonder sonde is) op hul rakke moes hou, sou hul rakke leeg gewees het, en hul sou hul winkels moes sluit.

Nee, niemand is sonder sonde nie.

kraalmuur ·

Huisgenoot ‘n gesinstydskrif? Het dit al 30 terug uit my huis verban. Sal nie eers ‘n braaivleisvuur daarmee aansteek nie.

Jakes Jacobs ·

Waar is die reg van ʼn Godsman soos oom Solie. Wat het geword van onskuldig tot Skuldig bewys is. Die Bose kan een mens opwek om so iets te sê en die wêreld neem dit aan as die waarheid, ek glo as kinders van die Here moet ons anders wees. Bitter teleurgestel in CUM , maar waardeer die apologie. Sterk staan oom Solie jy het ons respek . Dit maak die deur wyd oop vir enige iemand om enige iets te sê van enige iemand , gevaarlike terrein.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.