
Ds. Solly Ozrovech. Foto: faithduriekussings.co.za
Ds. Solly Ozrovech se boeke is terug op CUM se rakke, en dié maatskappy het om verskoning gevra dat hulle dit tydelik verwyder het.
CUM (Christelike Uitgewersmaatskappy) het vroeër vandeesweek die verspreiding van die boeke gestaak en dit van hul rakke verwyder ná ernstige aanklagte teen die 86-jarige skrywer in die media verskyn het. Die besluit om die verspreiding van die boeke te staak, is glo geneem nadat ʼn groot aantal klante hul boeke deur dié skrywer teruggebring het.
Du Plessis sê die hewige negatiewe reaksie van die publiek oor die onttrekking van die boeke het die maatskappy die besluit laat heroorweeg. “Ons vra onvoorwaardelik om verskoning vir die tydelike onttrekking van die boeke,” het sy gesê. “Ons besef dat dit ʼn fout was en dat ʼn verkeerde boodskap daardeur uitgestuur is. Om die boeke uit die kollig te probeer hou totdat die bewerings weerlê is of oom Solly se naam in ere herstel is, het baie lede van die publiek onder die indruk gebring dat CUM oom Solly veroordeel en skuldig bevind, al is die teendeel aan die media gekommunikeer.”
Volgens Du Plessis veroordeel CUM ds. Ozrovech hoegenaamd nie, en wil hulle op geen wyse impliseer dat hulle van mening is dat hy skuldig is nie. Sy sê al sy boeke is reeds Woensdagoggend teruggeplaas op CUM Boeke se winkelrakke en versendings deur die uitgewer gaan soos normaalweg voort.
Ds. Ozrovech bevind hom te midde van gerugte wat ʼn gesinstydskrif publiseer het waarin twee anonieme mans beweer hy het hulle jare gelede in die kinderhuis op Ugie in die Oos-Kaap gemolesteer.
“Oom Solly is vir meer as 30 jaar ʼn baie gerespekteerde skrywer en vriend van CUM. Deur die jare het die maatskappy net die hoogste agting vir sy integriteit ontwikkel, asook sy opregte hart vir die Here en sy passie vir die verspreiding van die Evangelie. Ons glo steeds ten volle in hom en koester ʼn kosbare en lojale verhouding,” het Du Plessis bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Dit is duidelik dat dit vir CUM en vir mv. Du Plessis baie belangrik is wat die meerderheid van die mense van hulle dink. Eers neem hulle die boeke af op publieke aanvraag. Dan sit hulle dit terug op publieke aanvraag. Vir CUM is publieke aanvraag lankal al meer gesaghebbend as God self.
Cum baie dankie dat julle Ds Solly se boeke terug op rakke gesit het
Cum baie dankie dat julle Ds Solly se boeke terug op rakke gesit het
Die skade is reeds gedoen en die indruk is inderdaad geskep dat hy reeds veroordeel is. Jammer, julle sien my nie weer nie.
Cum, julle kan baie bly wees want ek weet van baie mense wat julle wou boikot oor julle sy boeke afgehaal het!! Maar ek is steeds terleurgesteld in julle. Mens doen nie dit nie.