Curiosity gee eerste “tree”

Die Curiosity-verkenningstuig

Die Curiosity op Mars se oppervlak het sy eerste rit onderneem en sowat 7 meter ver in 23 minute afgelê. Die tyd het darem stilhou langs die “pad” ingesluit om foto’s te neem.

Die Nasaspan in Kalifornië het die rit as ‘n groot sukses beskryf, maar nou gaan Curiosity eers ‘n week tot tien dae makeer die pas. Dit is om wetenskaplikes kans te gee om nog instrumente eers te toets, en meer gevorderde toetse te doen op instrumente wat reeds getoets is.

Dit is die eerste keer dat Curiosity, wat omtrent ‘n ton weeg, van sy landingsplek af verskuif. Die wetenskaplikes het die landingsplek Bradbury Landing gedoop, ter ere van die wetenskapsfiksieskrywer, Ray Bradbury, wat in Junie oorlede is.

Na al Curiosity se instrumente getoets is, sal hy sy eerste werklike rit onderneem. Die bestemming is Glenelg, ‘n interessante geologiese verskynsel wat uit drie strukture bestaan. Glenelg is sowat 400 meter van Bradbury Landing af.

So ver het Curiosity se laser drie teikens getref, en die ontledings het getoon dat dit basalt is.

Onderweg na Glenelg sal die tuig oor gruis beweeg, en die geleentheid sal benut word om daarvan op te skep sodat dit in die tuig se laboratorium ondersoek kan word. Van Glenelg af sal Curiosity na Mount Sharp vertrek. Die reis sal na verwagting verskeie maande duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Daar’s lewe op Mars! Kyk net daar op die foto – daar staan Marsmannetjies en Marsbome in die agtergrond!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.