Curiosity uit ruimte gefotografeer

curiosity-mars-rover-tracks-from-spaceNasa het ‘n foto vrygestel wat uit die ruimte geneem is, en wat Curiosity, asook die spore wat dit getrap het, duidelik toon.

Die foto is deur die Mars Reconnaissance Orbiter met sy hoë resolusiekamera, HiRise geneem. Dit is dieselfde kamera wat ingespan is om foto’s van die komeet Ison te neem toe die komeet naby aan Mars verbygetrek het.

Curiosity, wat sowat ‘n ton weeg, kan links onder op die foto gesien word, met die spore wat na die bokant van die foto gevolg kan word. Die spore is ongeveer drie meter uit mekaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.