Cwele sit ook net 12 jaar

Sheryl Cwele. Foto: Shan Pillay/SAPA

Die konstitusionele hof het die veroordeelde dwelmhandelaar, Cheryl Cwele, se vonnis van 20 jaar na 12 jaar verminder, het The Witness berig.

Die hof het Dinsdag beslis dat Cwele dieselfde vonnis moet kry as haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa. Cwele is die eksvrou van die minister van staatsveiligheid, Siyabonga Cwele. Nabolisa en Cwele is in Mei 2011 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan dwelmhandel en elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Die hoogste hof van appèl het hul vonnisse na 20 jaar verhoog. Nabolisa het die konstitusionele hof genader, wat bevind het dat die staat amptelik appèl moes aangeteken het voordat die appèlhof die vonnisse kon verander. Nabolisa se vonnis is terug verander na 12 jaar. Cwele het ook die konstitusionele hof genader en die hof het bevind dat sy dieselfde vonnis as Nabolisa moet kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Goeie more Seg Net, stem saam. Dwelmhandel is tog ‘n ernstige misdaad.

Peter Vonk ·

Vonnis verminder van 20 jaar na 12 jaar !!! Hoe dan nou,is dwelmhandelaars dan nie moordenaars nie ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.