Cwele tronk toe

Sheryl Cwele. Foto: Shan Pillay/SAPA

Sheryl Cwele, wat skuldig bevind is aan dwelmhandel, het haar by die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg aangemeld om haar 20-jaar gevangenisstraf te begin uitdien. Cwele is die gewese vrou van Siyabonga Cwele, die minister van staatsveiligheid.

Cwele en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa van Nigerië, se vonnis is Maandag in die appèlhof verswaar. Die appèlhof het Cwele en Nabolisa se vonnisse van 12 tot 20 jaar vermeerder. Hulle is in Mei 2011 daaraan skuldig bevind dat hulle ’n dwelmmuil, Tessa Beetge, gebruik het om kokaïen van Brasilië na Suid-Afrika te smokkel. Beetge is in 2008 in Brasilië met 10kg kokaïen in haar besit betrap en vir sewe jaar tronk toe gestuur.  Nabolisa was sedertdien in aanhouding terwyl Cwele vroeër op borg van R100 000 vrygelaat is. ʼn Volbank regters het Cwele en Nabolisa se 12-jaar vonnisse as “ontstellend onvanpas” beskryf.

Cwele is omstreeks 9:30 in ‘n polisievangwa van die hof na die Westville-gevangenis in Durban geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Doman ·

Ok, kom ons begin tel totdat ‘n terminale vetsug en bloedddruk probleem by haar waargeneem (ekskuus, gediagnoseer!) word en dat sy op mediese parool vrygelaat word. 1……..2…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.