Cyril Ramaphosa verduidelik “Boer”-uitlating

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het Dinsdag gesê dit is jammer dat sy gebruik van die woord “Boer” ongelukkigheid veroorsaak het.

“In my gesprek met ʼn Seshego-inwoner het ek gewaarsku oor die gevaar indien die land sou agteruit gaan. Ek het ʼn term gebruik wat algemeen gebruik word deur swart Suid-Afrikaners om te verwys na die destydse apartheidsregering,” het Ramaphosa in ʼn verklaring gesê. “Dit is ‘n term wat altyd in dié verband verstaan word.”

The Star het Maandag berig Ramaphosa het inwoners van Limpopo oor die naweek aangemoedig om te stem “anders gaan die Boere weer aan bewind kom”. Hy het dié uitlating gemaak toe hy met ʼn ontevrede inwoner van Seshego gepraat het. Die inwoner, Johanna Phala (49), het geweier om in volgende jaar se verkiesing te stem omdat die ANC haar teleurgestel het.

Opposisiepartye het Ramaphosa vir sy uitlating gekritiseer. Mosiuoa Lekota, die leier van Cope, het gesê dit dui op ʼn skandelike gebrek aan respek vir die Grondwet. Die DA het gesê sy uitlating bewys dat Ramaphosa in die “donker eeue” leef. Die Vryheidsfront Plus het gesê sy kommentaar is rassisties.

Ramaphosa het Dinsdag gesê sy kommentaar was nie bedoel om neerhalend te wees nie. “My kommentaar was nie bedoel om na ‘n spesifieke deel van ons bevolking te verwys nie, en dit is jammer indien so ‘n indruk geskep is. As Suid-Afrika vorentoe wil beweeg, moet alle Suid-Afrikaners, ongeag van hul taal of agtergrond, saamwerk as gelyke burgers,” het hy gesê.

Lees ook:
Politiekery met “Boere” moet end kry – Agri SA
Nuuskommentaar: Pasop, hier kom die Boere!
“Stem of die Boere gaan weer oorneem” – Ramaphosa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Shane ·

Dit is swaar om te lees as daardie Cyril vir my loer en smile. Dit lyk of hy vir my gaan knik ook.

Stoere Boer ·

Cyril ons glo jou. Julle sal mos nooit lieg nie. Verduidelik watse gevaar praat jy van in die volgende sin: “In my gesprek met ʼn Seshego-inwoner het ek gewaarsku oor die gevaar indien die land sou agteruit gaan.” Is die boere die gevaar want die land het in elk geval sovêr agteruit gegaan dat nie eers hul stemme dit weer sal regruk nie. Dalk moet jy vir grootbek Mac kry om die kastaings uit die vuur te kom krap want jy klink net so klipdom soos jou prez.

Elize Mans ·

Ek dink Cyril,jy moet jou kop laat lees.Dit is nie die Boer wat die land regeer het nie.Die Boer was nog altyd n Land bouer wat kos vir jou en die land produseer het.Maarwat sal jy doen,as daar nie meer n Boer is om te produseer nie.Dan lyk Suid Afrika ook soos ons Buurlande.Kripeer en dood op n streep van hongersnood.Wat sal julle nog doen om die ANC goed te praat..

Vivienne ·

Blykbaar is dit nie wat ‘n boer is volgens Justi nie Elize. Ek het dit ook so gehad maar dan wil hy ‘n paplepel aangee. Hoekom weet ek nie.

Justi ·

Vivienne, ek is nie n hy nie. Het beslis nie van geslag verander nie. Hehehehe………..baie keer word na alle blankes as “boere” verwys. Die dat ek vra, plaas boer of blankes in die algemeen. Ai tog, jy het n aanmerking gemaak oor Agri. Daarom het ek gevra of ek vir jou n paplepel kan aangee. Lekker aand verder.

AmY ·

Nou raak dan ontslae van die vrot appels wat rassistiese uitlatings maak. So maklik soos dit!!!

Seg ·

“My kommentaar was nie bedoel om na ‘n spesifieke deel van ons bevolking te verwys nie,

Nou wonder ek water kleur is die Boere? Is dis die Boere nie ‘n spesifieke deel van die bevolking nie? Al kyk jy hoe na die woord dit verwys spesifiek na ‘n groep. Of na boere wat boer, ‘n watt dit nie kan wees nie, aangesien hulle nie die land regeer het nie. Of die Blankes wat die land regeer het en hulle was spesifiek wit.
Ons is nie swartes wat nie verstaan nie my boy

maswika ·

Hulle gebruik in omgangstaal die woord boer soos wat ons destyds die K woord gebruik het nie waar nie. Dit is meestal neerhalend.

Seg ·

So ons kan dan mos maar die k woord gebruik indien dit so sou wees.

leon ·

Cyril het mos nie gejok nie mense. Ons weet die regering sal nooit jok nie. Want hulle praat dan volgens hulle president. En wie kan se Zumpie jok. Net blankes is dom en jok. Ai dink hulle ons is kroes.

Riaan ·

Cyril kan maar sê wat hy wil, dit gaan niks verander nie, Hulle is te gewoond om dinge te vat en te verander en dan kom hulle agter dit werk nie e dan prober huille ander metodes. Hoekom verander aan goeters wat reeds gewerk het. Die gesegt is ‘n boer maak ‘n plan en die plan werk gladuit, waar hulle net kan praat en hulle pogings bly steeds onsuksesvol.Ons boere se breine werk anderste as hulle sin, Die verkiesing word fyn dopgehou

leon ·

Lol geen wonder hulle het hom gearresteer in Amerika nie. As ek so na sy foto kyk luk dit asof hy dik gerook aan tik is.

Ursula ·

Ek moes al in n formele vergadering van n munisipale raad sit waar een van die raadslede sommer sit en vertel het hoe moeg hy vir die boere is. n Ander raadslid was gaaf genoeg om hom lag lag daarop te wys dat die witmense nie daarvan hou as hulle boere genoem word nie. O ja, het ek genoem dat ek die enigste wit persoon in die vertrek was en dat niemand daaraan gedink het om vir my n verskoning aan te bied vir die neerhalende aanmerkings nie?

Hans Onrust ·

de pijnlijke alledaagse duidelijkheid is voor de vele duizenden onschuldige Boere families die reeds getroffen zijn door redeloos geweld onmogelijk te vergeten of mis te zien. Veel sterkte aan alle slachtoffers en families en ook aan de slachtoffers die de minsister van politie graag willen spreken ondanks dat deze onverantwoordelijke man hen (nog) niet wenst te woord te staan als uiterste vorm van onmenselijkheid.

Kalie ·

Tipies van die ANC uitsprake! Se wat hulle regtig voel en dan allerhande flou verskonings!! Die goed is egter so onnosel dat hulle nie eers besef die skade wat hulle aanbring nie!

Mathys j Thom ·

Wat is die Probleem? Ek is ‘n “Boer” Waneer ons Ooneem Sal Ons die Infastruktuur Regruk. Ek sal DHA Bystaan. Hulle het REGTIG Hulp Nodig…

PURE BOER ·

Ons almal wat wit is is “BOERE” in hul oe, die gemors hou nie van ‘BOERE” nie en wil baie graag van ons slawe maak. Soos die Hemelse Vader my getuie is, “sal ek my nooit so laat verneder nie”.
Daar was niks op Suid Afrika toe ons Voor Vaders hier op gedaag het nie. Suid Afrika sou nooit so mooi gewees het nie as dit nie vir die “BOER” was nie. So, gaan leer n bietjie Geskiedenis en se dankie vir die “BOER”

German ·

‘N boer is iemand wat boer en kos produseer vir die land se inwoners. ‘N Boer is iemand wie se voorvaders in die vrees van ons God oor die Drakensberge gertrek het. Ek dink Cyril het na die Boer verwys want ‘n Boer lieg en moor en steel nie. Duisternis vlug voor lig, so hy moes na die Boer verwys het!

Peter Se ·

n Boer is iemand wat altyd een tree vorentoe gee, bietjie vir bietjie. Ons is gewoond aan ons eie “struggle” ons gaan Nie agteruit boer nie…noem ons maar wat julle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.