D-dag vir Zuma

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die Hoogste Hof van Appèl sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer oor of vorige aanklagte van korrupsie teen president Jacob Zuma hersien moet word.

Die DA versoek dat die rekords waarop die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sy besluit gegrond het om aanklagte van onder meer korrupsie en bedrog teen Zuma te laat vaar, bekendgemaak en hersien moet word. ʼn Hooggeregshof het vroeër gelas dat die DA nie getoon het dat die NVG se besluit om nie vir Zuma te vervolg , wesenlik of nadelig sy regte, dié van sy lede of dié van die breër publiek geraak het nie. Die NVG het kort voor die algemene verkiesing in 2009 aanklagte teen Zuma laat vaar. Die NVG weier om sy rekords aan die DA te verskaf. Die DA het verlof tot appèl gekry wat aangehoor is deur ʼn volbank van vyf regters van die hoogste hof van appèl. Zuma se regspan het tydens die appèl aangevoer dat die NVG se rekords “uiters omstrede” inligting bevat wat nie sommer net bekendgemaak kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.