DA: ‘ANC wou partylede omkoop’

Die DA sê hy gaan kriminele klagte aanhangig maak teen sewe ANC-partylede in die Wes-Kaap omdat hulle glo deel is van ʼn komplot genaamd “Projek Terugeis”.

Die provinsiale leier van die DA, Theuns Botha, sê “die projek is glo ʼn gekoördineerde poging om DA-wyksraadslede om te koop ten einde hulle setels op te gee en vir die ANC te staan in die tussenverkiesing wat veroorsaak is deur hulle bedanking”. Botha het aan verslaggewers by die parlement gesê die DA het die “komplot” die afgelope vyf maande ondersoek en sal Dinsdagmiddag ʼn dossier van bewysstukke aan die polisie oorhandig. Botha sê volgens hulle bewyse het die provinsiale ANC-leierskap ʼn sogenaamde “moordlys” saamgestel na die 2011 munisipale verkiesings. Hulle het glo 11 DA en 16 ander raadslede geteiken. Botha sê die DA-raadslid Nevelle de Waal is die ekwivalent van vyf jaar van ʼn raadslid se salaris (ongeveer R900 000) in kontant aangebied. Hy het ook verskeie ander voorvalle genoem. Botha sê enige raadslid wat omkoopgeld aanvaar of poog om ander om te koop oortree die wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.