DA-betoging: 4 ANC-ondersteuners vas; ANC ontken geweld

Vermeende ANC-ondersteuners gooi 'n petrolbom na die polisie. Foto: Dave Bryant @davebryantct / Twitter

Foto: Dave Bryant
@davebryantct / Twitter

Vier mense wat ANC T-hemde gedra het, is Woensdag tydens die DA se betoging vir “ware poste” en dienslewering in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die mense is weens publieke geweld in hegtenis geneem.
Die betoging het gewelddadig geraak toe betogers van die DA tot Presidentstraat gevorder het, waarna ANC-ondersteuners na bewering op die polisie en die DA-betogers afgestorm en hulle met bakstene gegooi het. Die polisie moes met rubberkoeëls en skokgranate die ANC-ondersteuners uitmekaar dryf.

“Ons beamptes is met klippe bestook en daar is ook petrolbomme na hulle gegooi,” het Mogale gesê. Die DA-betogers het kort na die voorval die gebied verlaat, alhoewel die polisie steeds die situasie gemonitor het.
Mogale het gesê sy is nie bewus van enige ernstige beserings nie.

Intussen het Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, aan SAPA gesê ANC-lede het hulself goed gedra tydens die betoging van die DA en hy het geen geweld gesien nie. “Ek het net mense sien hardloop en betoog. As daar enige geweld was, keur ons dit nie goed nie, maar van wat ek kon waarneem het almal hulle goed gedra en was daar geen bedreiging van ons af nie,” het Mthembu gesê.

Helen Zille het die ANC gekritiseer omdat hulle glo onwettig en sonder toestemming bymekaar gekom het. Twee woordvoerders van die Johannesburgse metropolisie het egter aan JacarandaFM-nuus teenstrydige kommentaar gelewer. Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar het die ANC Dinsdagaand die nodige toestemming bekom om by Luthuli House, ʼn blok vanaf Beyers Naude-plein waar die DA se betoging sou eindig, byeen te kom. Edna Mamonyane het egter gesê die ANC het nie toestemming gehad om byeen te kom nie.

Lees ook:
Video: Skokgranaat tydens DA-betoging gegooi
Vonke spat by DA-betoging
Volg DA-optog hier
DA-optog: Hof sê nee vir ANC
ANC beskerm homself teen DA-optog
DA-optog in Johannesburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Dis so kinderlik …. die een het nie toestemming gehad, daai het het weer toestemming gehad … die een het niks gesien … daardie een het alles gesien. Dan moet ons vir sulke mense stem. Word groot en tree volwasse op, geen wonder dit gaan in Suid Aapland so nie.

mickey ·

Ja nee kyk!! Eers ñ oorlog oor verskillende Rasse en nou oor verskillende Partye en NIKS verander nie!!! Ek stel ni belang om te stem vir sulke NARRE nie…moet vir hul eedr werk gaan vra bydi naaste sirkus,lol!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.