DA boos oor Eskom-partytjies

Foto: GCIS

Die DA het Eskom oor die kole gehaal na ʼn berig in ʼn Sondagkoerant dat die elektrisiteitsverskaffer glo verlede jaar meer as R36 miljoen spandeer het op partytjies vir personeel en hul gesinne.

City Press het berig dat Eskom van Oktober verlede jaar af R36 504 036,44 op sewe “familiepretdae” spandeer het. Volgens die berig is daar vyf “familiedae” vir bykans 12 000 mense in Gauteng gehou. Daar is glo ook “pretdae” gehou in eMalahleni (voorheen Witbank) en Lephalale (Ellisras) gehou teen onderskeidelik R10 en R5 miljoen. ʼn Pretdag in Kaapstad het glo R3,4 miljoen gekos terwyl ʼn pretdag in Durban ʼn verdere R1 miljoen gekos het.

Natasha Michael, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, sê daar kan nie van Suid-Afrikaners verwag word om ʼn groot deel van hul inkomste aan energiekostes te betaal terwyl Eskom reuse bedrae spandeer op partytjies nie. Michael het versoek dat die bestuur van Eskom voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings moet verskyn om te verduidelik hoe die besluite rakende die partytjies en die koste daaraan verbonde gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.