DA eis verduideliking oor 3 vlugte vir Zuma

Die DA sê die minister van verdediging moet volle verantwoordelikheid neem vir die gebruik van twee vliegtuie as ondersteuning vir president Jacob Zuma se amptelike vliegtuig verlede week na New York.

“Lindiwe Sisulu moet in die publiek verduidelik hoekom dit nodig was vir twee ekstra vliegtuie om saam met die president se straler te vlieg,” het die party se woordvoerder oor verdediging, David Maynier, gesê. Die hoof van die lugmag, lt.genl. Carlo Gagiano, het Vrydag aan verslaggewers in Johannesburg erken dat die tweede vliegtuig wel in New York geland het en nie in die Kanariese-eilande soos wat vroeër deur die departement van verdediging beweer is nie. Gagiano sê die tweede vliegtuig was noodsaaklik om te verseker dat die president nie sy afspraak gemis het nie. Die vliegtuig was glo ook vir bystand indien Zuma se amptelike vliegtuig tegniese probleme sou ondervind. Gagiano sê hulle het ʼn verantwoordelikheid om die president veilig en op tyd te vervoer na internasionale verpligtinge. Maynier sê dit het intussen aan die lig gekom dat twee vliegtuie gebruik is as ondersteuning vir Zuma se vliegtuig. Hy sê die koste hiervan kan tot R10 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.