DA, FW de Klerk Stigting bekommerd oor SAL-kadetprogram

Die DA en die FW de Klerk Stigting het Donderdag hul kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se weglating van wit mans vir sy kadetprogram.

“Ons ekonomie maak staat op die lugvaartbedryf, veral vir die skep en behoud van werksgeleenthede. Ons moet om die rede geleenthede vir alle Suid-Afrikaners gee ongeag hul ras om deel te wees van die lugvaartbedryf,” het Natasha Michael, DA-LP, gesê. Sy sê dit is baie belangrik dat Suid-Afrikaners hul verlede eer maar net so belangrik dat hul toegelaat word om hul eie toekoms te besit. Die SAL het Maandag aangekondig dat hy 40 kandidate aangewys het vir sy kadetprogram. Geen wit mans is in die program opgeneem nie. Die FW de Klerk Stigting sê aanleg en nie net ras nie moet deur die SAL in ag geneem word wanneer hy kandidate vir sy kadetprogram kies.

Die vakbond Solidariteit het Woensdag met ʼn regsproses begin namens wit manlike kandidate wat weens hul velkleur nie in die SAL se kadetprogram opgeneem is nie. Die vakbond het verlede jaar ʼn groot veldtog teen die lugredery van stapel gestuur nadat wit mans se aansoeke summier verwerp is wanneer hulle hul ras op die aanlyn aansoekvorm ingetik het. Solidariteit het die veldtog nou hervat nadat die lugredery geen wit manlike kandidate in sy kadetprogram opgeneem het nie.

Die publiek kan die veldtog ondersteun deur protesbriewe oor SAL-kwotas deur middel van die webblad, www.stopkwotas.co.za, aan die SAL stuur. ʼn Ander manier om protes aan te teken, is deur die woord “Kwota” na 34388 te SMS. ʼn SMS kos R2 en sal ook by die protesboodskappe getel word. Die veldtog kan ook op Twitter by #StopSAA gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

wat worrie die ou donnerse verraaier nou? mus geworrie het toe hy ons land aan die vyand verkoop het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.