DA gaan Cosatu aankla

Die DA het gesê hy gaan ‘n strafregtelike aanklagte teen die leierskap van die vakbondfederasie Cosatu indien na die geweld wat vanoggend in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.

Volgens RSG het die party gesê die aanklagte sluit in intimidasie, die aanhitsing van geweld en die hou van ‘n onwettige optog. Helen Zille, DA-leier. het dit benadruk dat Cosatu steeds ‘n struikelblok bly vir Suid-Afrikaanse jongmense om werk te kry. Sy het tydens die DA-optog ter ondersteuning van die jeugloonsubsidie gepraat. Die optog het egter gewelddadig geword toe lede van Cosatu-filiale die DA en die polisie met klippe begin bestook het. Sover word berig twee mense, insluitende ‘n fotograaf, is beseer. Zille het sê hulle sal Cosatu ontbloot vir wat hy in werklikheid is.

Zwelinzinma Vavi, die hoofsekretaris van Cosatu, het intussen gesê hulle is te enige tyd gereed om die DA se memorandum te ontvang, wanneer hulle ookal dit sou wou doen. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het ook gesê volgens sy kennis is dit van hulle lede wat in die geweld beseer is, en dat daar geweld aan albei kante was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.